Man verdrink tydens doopseremonie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Maandag tydens ʼn doopseremonie in KwaZulu-Natal verdrink.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na ʼn verdrinking by Umdloti-strand aan die noordkus uitgeroep .

“Volgens omstanders was die man besig om gedoop te word toe hy deur golwe omgeslaan en in die see ingetrek is,” het Botha gesê.

“Lewensredders het ingeswem en die man, wat toe reeds bewusteloos was, op die stand getrek. Hulle het dadelik begin om mond-tot-mond-asemhaling toe te pas totdat noodpersoneel arriveer het.”

Volgens Botha het die paramedici alles in hul vermoë gedoen om die man te probeer bybring, maar hy is later op die toneel dood verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

pieter ·

Het johannes of Jesus ieman in doe see gedoop waar golwe jou verploeter? Ek wonder soms..

Pierre ·

Hoekom dan maar nie die gety poel gebruik hiervoor nie. Dit is nie rerig een van die veiligste strande nie. RIV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.