Man verdrink tydens reddingspoging

kogelbaai

Kogelbaai. Foto: www.capetown.gov.za

ʼn Man het in die see by Kogelbaai naby Kaapstad verdrink toe hy ʼn ander man uit die water probeer red het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het gesien hoe ʼn ander man in die moeilikheid beland en in die water gespring om die man te red. Die man het egter self in die moeilikheid beland terwyl die ander man daarin kon slaag om uit die water te kom.

“Met paramedici van ER24 se aankoms op die toneel was die ander man ook reeds uit de water en het mense mond-tot-mond-asemhaling op hom toegepas. Paramedici kon egter niks meer vir hom doen nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.

Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.