Man verdrink tydens visvanguitstappie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Jong man het Saterdagaand verdrink terwyl hy saam met vriende visgevang het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het paramedici omstreeks 19:15 by die Duzirivier in Scottsville, KwaZulu-Natal, aangekom waar vriende van die man op hulle gewag het.

“Die vriende het aan paramedici gesê hulle het in die rivier visgevang toe die man, in sy 20’s, in die water gespring en gepoog het om na die ander kant te swem.”

Lede van die polisie se duikeenheid het ook op die toneel aangekom en onmiddellik na die man begin soek. “Die man se liggaam is kort hierna aan die rivieroewer gevind. Hy was reeds dood.”
Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.