Man verdwyn in see by Oos-Londen

Foto: NSRI

ʼn Man word vermis nadat hy in ʼn sleurstroom by ʼn strand in Oos-Londen beland het, het die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) Sondag gesê.

Die NSRI is Saterdagoggend omstreeks 10:30 ontbied op berigte dat ʼn verdrinking by Nahoon-strand plaasvind, het Geoff McGregor, stasiebevelvoerder, gesê.

“ʼn Lewensredder van Buffalo City- metropolitaanse munisipaliteit het ook by die span aangesluit. Een man is reeds uit die see gered, glo deur branderplankryers. Hy is in ʼn stabiele toestand na ʼn hospitaal geneem.”

ʼn Omvattende lug-, see- en kuslynsoektog is van stapel gestuur na die vermiste 25-jarige man. Hy het in ʼn sleurstroom beland en het onder die water verdwyn.

Daar is nog geen teken van die man nie.

“ʼn Ondersoek deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens, ʼn duikeenheid van die polisie en reddingspan duur voort.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.