Man verdwyn in see by Port Alfred

NSRI Port Alfred (Foto: NSRI)

ʼn Jong man, in sy 20’s, het Saterdagmiddag in die see verdwyn nadat hy by ʼn strand in Port Alfred vermoedelik in ʼn sterk systroom beland en meegesleur is.

Stephen Slade, Port Alfred-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die bemanning is kort voor 16:00 ontbied ná berigte dat drie mans by West Beach in die see meegesleur is. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Oos-Kaapse gesondheidsdienste, Ndlambe-munisipaliteit se brand- en reddingsdiens en Guardmed-ambulansdiens het ook op die oproep reageer.

“Twee jong mans, in hul 20’s, het reeds sonder bystand uit die water gekom toe die reddingsdienste by die toneel opgedaag het,” het Slade verduidelik. “Een jong man, in sy vroeë 20’s, was egter steeds vermis. Ooggetuies het gesien hy het onder die water verdwyn.”

Die twee mans wat uit die water gekom het, is nie beseer nie. “Hulle is vermoedelik al drie van Rhodes-universiteit,” het Slade bygevoeg.

Die polisie en ʼn duik-eenheid sit die soektog voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.