Man verdwyn ná hy glo in see inhardloop

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die polisie se duikeenheid en die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná ʼn man wat glo in die see by Kampsbaai in Kaapstad ingehardloop het en onder die water verdwyn het.

Volgens die NSRI het lewensredders Saterdag omstreeks 12:52 gesien hoe ʼn man, geklee in ʼn denim, in die see ingehardloop het. Die lewensredders het die man agternagesit, maar hy het onder die water verdwyn voor hulle by hom kon uitkom.

Die NSRI het gesê daar was nog geen teken van die man nie ondanks ʼn uitgebreide soektog in rowwe seetoestande. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.