Man verdwyn ná hy werkers aflaai

Anton Steenkamp. Foto: Facebook

ʼn Man van Brackenfell in die Wes-Kaap word vermis nadat hy Vrydagaand by sy huis weg is.

Anton Steenkamp (26) is omstreeks 19:00 by sy huis in Proteahoogte weg om werkers in Bellville-Suid te gaan aflaai en het nie weer teruggekeer nie.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê Steenkamp is Saterdag as vermis by die polisie aangemeld. “Hy het sy huis in ʼn grys Opel Corsa verlaat met die nommerplaat CY 297 165. Ten tyde van sy verdwyning het hy ʼn groen werkersoorpak aangehad,” het Van Wyk gesê.

Steenkamp is 1,8 m lank en weeg ongeveer 70 kg. Hy het kort swart hare, bruin oë en ʼn baard en snor. Die woord “Adoons” is op sy linkerhand getatoeëer en hy het ook tatoeëermerke op sy skouers en rug.

Enigiemand met meer inligting wat tot sy opsporing kan lei, word versoek om ao. Christopher de Koker by 079 808 0423 of 021 980 5739 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Marietjie Venter ·

Anton my kind ek bid uit my hart dat jy lewendig gevind sal word – ons kan jou mos nie verloor nie – jou ou kindtjie het jou mos baie nodig – Here beskerm hierdie kind en bring hom asseblief
veilig terug

Mrs.B ·

Ons bid vir Anton se veiligheid. Mag hy veilig terug gevind word.

Yster ·

Ek voel bitter jammer vir die familielede wie se seun weg is, Here ek bid spoor hom op

Theresa ·

Baie sterkte aan almal wat wag om te weet hy is veilig. Wat sê die werkers wie hy gaan aflaai het?

Genoeg ·

Goeiste dit raak net al erger. Niemand is blykbaar meer veilig nie. Geen een kan mos in ‘n glaskas toegesluit word omdat daar nie meer vryheid van beweging is nie. Dit klink glad nie goed nie en kan die werkers wat hy gaan aflaai het, dan glad nie lig werp op die saak nie? Ek hoop dat hulle vir Anton spoedig en ongedeerd sal vind.

Leonie Pretorius ·

Ek hoop dat hy spoedig gevind kan word hy is so ‘n aangename mens my hart gaan uit aan sy familie die spanning wat mens deurgaan as mens nie weet waar ‘n geliefde is nie is uitmergelend. Ek bid dat hy nou gevind sal word.

martien ·

Vader in onse Hemel. Stuur asb hierdie jongma huistoe ongeskonde. Ons sal hom vergewe as hy se hy wou net alleen tyd gehad het. Liewer dit en lag dan as via en ons rou weer…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.