Man verdwyn van kleinhoewe

Hendrick Pieterse. Foto: Verskaf

Hendrick Pieterse. Foto: Verskaf

Die Pietermaritzburg-polisie in KwaZulu-Natal het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle te help om Hendrick Pieterse (31) op te spoor nadat hy van sy kleinhoewe in die omgewing verdwyn het.

Volgens die polisie is Pieterse vir die laaste keer op 24 Oktober deur sy ma op sy kleinhoewe in die Manor-omgewing gesien. Hy het ʼn blou denim kortbroek, wit T-hemp en tekkies aangehad.

Hy is gemiddeld van liggaamsbou, het donkerbruin hare en is 1,8 m lank.

Enigiemand met inligting oor waar Pieterse hom mag bevind, word versoek om kapt. Peters by 083 465 8786 of 033 845 2416 of sers. Manilal by 083 550 0159 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Buitestander ·

Innige medelye met die vermisraak van Hendicks. Ons dink aan al sy mense. Hoop julle kry hom ongekonde terug.

Berei maar coor vir die ergste.

se net ·

Hierdie is n vriendin van my se seun Hulle is so bekommerd oor hom. As hulle net kan weer dat hy nie iets oor gekom het nie.

se net ·

Ai. Ek hoop regtig nie so nie. Maar hy is nou al van die 24ste weg en geen teken nie. Ons kan net bid.

Theresa ·

Kan sy voertuig dalk deur ‘n stelsel opgespoor word? Sy selfoon getrace word? Hoop daar is mense wat aktief en indringend na hierdie jongmens soek.

vytjie ·

HERE net U weet waar Hendrick hom bevind. Ek dink aan sy familie, HERE bring `n berusting aan die familie om ASSEBLIEF hom aan sy familie terug te bring.

Reinett ·

Hoe verskriklik moet dit nie wees om so te moet wag nie. Julle bly in my gebede dat hy veilig tuis sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.