Man verdwyn wat familielid van verdrinking red

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

Argieffoto (Foto: Piper60, Pixabay)

ʼn 21-jarige man het Sondagmiddag by Pacaltsdorp naby George in die Wes-Kaap in die see verdwyn nadat hy ʼn familielid van verdrinking gered het.

Robert van Helsdingen, Wildernis-stasiebevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het gesê die span is omstreeks 15:00 ontbied ná berigte ontvang is van ʼn verdrinking.

“By die toneel aangekom, is ʼn 23-jarige man op die strand behandel vir verdrinkingsimptome en hy is in ʼn stabiele toestand na die hospitaal geneem,” het Van Helsdingen verduidelik. “Hy het glo in systrome in die moeilikheid beland en is dieper in die see ingetrek. Hy kon egter die rotse bereik en uit die water kom. Die 21-jarige man het egter intussen in die water ingegaan om hom te help, maar het self onder die water verdwyn.”

ʼn Groot lug-, kus- en seesoektog is van stapel gestuur op soek na die vermiste man.

Annine Dormehl, woordvoerder van ER24, het bevestig die twee mans is familielede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Dis regtig verskriklik hartseer. Klink asof die oorledene ‘n baie spesiale, hulpvaardige, dapper mens was. My hart huil saam met julle.

Theresa ·

Hoop hul vind hom. Baie jammer – hy is ‘n dapper jong man!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.