Man vergiftig glo homself, seuns

Die huis waar die man en seuns bewusteloos gevind is (Foto: Verskaf)

ʼn Man wat glo homself en sy twee seuns probeer vergiftig het, is aangekla van poging tot moord. Die polisie het die man (40) en twee jong seuns, onderskeidelik vier en agt jaar oud, Maandagoggend by hul huis in Inwabi in die Cele-gebied, KwaZulu-Natal, bewusteloos aangetref.

Maroela Media het vroeër berig paramedici van onderskeidelik ER24 en die Life Healthcare-groep is Maandagoggend na die huis ontbied. Paramedici het op die man en seuns in die huis afgekom. Hulle het op die vloer gelê en op die oog af lewensloos voorgekom.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê polisie in KwaNdengezi in KwaZulu-Natal is Maandagoggend omstreeks 11:50 deur familielede van die gesin in kennis gestel dat die man en seuns bewusteloos in hul huis lê.

Die polisie het ook dadelik na die huis toe gegaan om ondersoek in te stel.

“Niemand is nog in hegtenis geneem nie. ʼn Saak van poging tot moord is teen die man by die KwaNdengezi-polisiestasie aanhangig gemaak. Die saak word tans ondersoek,” sê Mbele.

Al drie pasiënte was in ʼn kritieke toestand toe hulle per militêre mediese helikopter na die Albert Luthuli-hospitaal in Durban geneem is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Oe la la ·

Ek regverdig hierdie glad nie… dis hartseer… dis wreed… maar die gaan al hoe meer gesien word.. gesinne is onder soveel finansiele druk en weet nie meer watter kant toe nie…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.