Man vergruis na hy tussen sleepwaens beland

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man in sy 40’s is Donderdag in KwaZulu-Natal dood nadat hy deur twee groot sleepwaens vergruis is.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, sê die voorval het by ʼn maatskappy se perseel in Westmead, Pinetown, plaasgevind.

“Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het is nog nie bekend nie. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam is op die grond tussen twee groot sleepwaens aangetref,” het Meiring gesê.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

dalene ·

Hu waar is gerugte dat Mpumalanga op High Alert is vir die ebola ivirus is

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.