Man verkool in kar ná ongeluk

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

Een man is dood en ses persone beseer nadat twee voertuie Sondagmiddag naby Potchefstroom in Noordwes gebots het.

Werner Vermaak, ʼn woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die R500 plaasgevind naby die kruising met die R53. Een van die voertuie het glo ʼn stopstraat by die kruising verontagsaam.

“Een van die betrokke motors het steeds gebrand toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Vermaak in ʼn verklaring gesê. “Omstanders het paramedici ingelig dat die bestuurder steeds in die voertuig vasgekeer is. Paramedici kon hom egter nie uit die voertuig verwyder voor die vlamme geblus is nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak het gesê dit is nog nie duidelik of die man op slag dood is of weens die brand gesterf het nie.

Ses mense van die ander voertuig, tussen ses en 40 jaar oud, het verskeie beserings opgedoen. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Potchefstroom provinsiale hospitaal en MediClinic Potchefstroom geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.