ʼn Man is Donderdagoggend op die Robertsonpas in Mosselbaai in die Wes-Kaap dood toe ʼn vragmotor na ʼn ongeluk aan die brand geslaan het.
“Die vragmotor het omgeslaan en oor die hele pad gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die vragmotor het na die ongeluk aan die brand geslaan.”
Brandbestryders kon die vlamme na 15 minute blus. “Paramedici het die liggaam van ʼn man op die bestuurdersitplek aangetref. Hy het reeds aan sy beserings beswyk.”
Die passasier wat in die vragmotor gery het, het geringe beserings opgedoen, maar het verdere behandeling van die hand gewys.
Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.
Hoekom hoor ‘n mens toenemend dat voertuie ná ‘n ongeluk aan die brand slaan? Het dit te doen met al die elektronika wat deesdae in voertuie ingebou word?
Vragmotors was hierdie afgelope ruk betrokke in meeste van die ongelukke wat n mens van hoor. Wonder is dit a.g.v roekeloosheid, onpadwaardigheid? Of sonder lisensie bestuur?. In die week was n 11-jarige gevang wat n trok bestuur. Iewers is groot fout.