Man verkool in polisieboeie

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie in Cullinan, Gauteng, ondersoek ʼn saak van moord nadat die erg gebrande liggaam van ʼn man in Jakkalsdans aangetref is.

“Die polisie is omstreeks 15:00 na die toneel ontbied,” het konst. Conny Moganedi, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn Ou man, wat na beeste omgesien het, het dié gruvonds gemaak.

“Die slagoffer, ʼn man tussen 40 en 45 jaar oud, was met polisieboeie vasgebind. Hy is baie erg verbrand, maar sy gesig is nog herkenbaar,” het Moganedi bygevoeg.

Die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie. Sy het gesê die ondersoek duur voort.

Die polisie versoek enigiemand met ʼn vermiste familielid om ao July Maseko te kontak by 082 696 7667.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.