Man verkool ná botsing met trekker

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man het Dinsdagaand verkool nadat sy paneelwa teen ʼn trekker naby Bethlehem in die Vrystaat gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het Woensdag gesê die ongeluk het op die R26 plaasgevind. “Toe paramedici by die toneel opgedaag het, het die paneelwa op sy kant langs die pad gelê,” het Meiring gesê. “Die paneelwa was aan die brand, en die brandweer was besig om die vuur te blus.”

Paramedici het die man se verkoolde liggaam opgespoor toe die vuur geblus is. Hy was agter die stuurwiel vasgekeer.

Die bestuurder van die trekker was nie op die toneel nie.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Die plaaslike owerhede ondersoek die voorval,” het Meiring bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.