Man verkrag glo skoolmeisie

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn 27-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 17-jarige skoolmeisie verkrag het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes sal Maandag in die Dutywa-landdroshof in die Oos-Kaap verskyn.

Volgens Manatha het die meisie Vrydag huis toe geloop van die skool af toe die verdagte haar glo genader het. “Die verdagte het die meisie glo gevra om te trou, maar sy het gesê nee, sy is te jonk en steeds op skool.”

Manatha het gesê die verdagte het glo hierna die meisie aangerand, na sy huis geneem en toe glo verkrag. Die meisie is glo later toegelaat om die huis te verlaat.

Volgens Manatha is die verdagte Saterdag in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

willie ·

Dit is werklikwaar siek. Siek samelewimg, en die sosiale media wat mens ponografiese goed met die druk van knoppie kan kry, maak dit erger. Dis net asof daar nie meer basiese waardes is nie.

Andrè Du Plessis ·

Iets klink nie reg nie, hoe lok jy haar na jou huis verkrag hasr en los haar dan om jou te gaan verkla. Ek dink dit was dalk met toesteming en toe daar nie beloftes nagekom is nie sake gemaak, , verstaan adb.Ek prast nie seks met skoolmeisies goed nie maar ja, dit Iis inderdaad ñ siek samelewing waarin ons tans is

Leser ·

Gaan lees tog weer, Andre. Hy het haar nie na sy huis gelok nie. Hy het haar aangerand en na sy huis geneem!!!!! Watse kans staan ‘n skool meisie teenoor ‘n groot sterk man? …en deesdae wil niemand betrokke raak of ander help as daar so iets in publiek gebeur of iemand langs pad gaan staan ens nie. So weet nie watse toestemming jy van praat nie…

Morne ·

Ek stem saam Andre, moet jou nie steur aan leser nie. Ek verstaan ook nie hoe jy iemand na jou huistoe neem, sonder dat enige iemand in tree daarop nie. Leser hoe weer jy niemand wil betrokke raak nie…was jy al self in so geval wat jy net verby loop? Moet nie vergelyk nie…

m ·

wat soek werkende mans by skoolmeisies?. Kan hulle nie hulle eie portuur kry nie? Hierdie samelewing word sieker by die dag.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.