Man verkrag glo verstandelik gestremde tiener

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 34-jarige man is Vrydagoggend in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn verstandelik gestremde tiener herhaaldelik verkrag het.

“Die 17-jarige meisie is glo deur haar buurman in Zondi, Soweto verkrag,” het ao. Kay Makhubela, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. “Die buurman het dit glo sporadies gedoen. Hy het haar na sy huis oorgenooi wanneer sy van die skool af gekom het. Die meisie se broer het begin agterdogtig raak omdat sy so baie na die man se huis gaan.”

Die broer het aan sy ouers gesê hy vermoed sy suster word verkrag. Sy is na ʼn polisiestasie geneem waar ʼn dokter bevestig het dat sy seksueel aangerand is.

Makhubela het gesê dit is nog nie bekend wanneer die meisie vir die eerste keer verkrag is nie.

“Sy is na ʼn plek van veiligheid geneem en ontvang berading.”

Die man moet binnekort in die Protea-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

moegoe ·

Geen woorde. Die uitvaagsel is sleg,sleggggggggggggggg verby.Vroue liga tree op teenoor die sleg ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.