Man verkrag, vermoor tiener uit woede vir vrou

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

ʼn 13-jarige meisie is Sondag in Limpopo deur haar buurman verkrag en vermoor nadat hy haar in ʼn woedeuitbarsting aangeval het. Hy het kort daarna homself aan die dak van die meisie se huis opgehang, nadat hy ook sy skoonma (71) met ʼn skerp voorwerp aangeval het.

Volgens brig. Motlafela Mojapelo het die verdagte, John Makhubele (58), woedend gereageer nadat hy ʼn geskil met sy vrou gehad het en haar nie kon opspoor nie.

Makhubele en sy vrou het glo huweliksprobleme gehad.

“Die man het omstreeks 21:00 by sy vrou se ouers se huis in Joppie Village aangekom en aangedring om sy vrou te sien. Sy skoonma het egter vir hom gesê dat haar dogter nie tuis is nie. Makhubele het woedend geword en die bejaarde vrou aanhoudend met ʼn skerp voorwerp gesteek.”

Die man is toe glo kort daarna terug huis toe waar hy by sy buurman se huis ingebreek en ʼn minderjarige meisie verkrag het. Hy het ná die tyd haar met dieselfde wapen aangeval.

Makhubele het kort ná die voorval homself van die dak van die meisie se huis opgehang.

Polisie en nooddienste is na die twee tonele ontbied en die slagoffers is na ʼn plaaslike hospitaal geneem. Die meisie het egter by haar aankoms by die hospitaal aan haar beserings beswyk. Die bejaarde vrou is nog in ʼn kritieke toestand.

Polisie het ʼn saak van moord, verkragting en poging tot moord geopen. Die motief vir die voorval is in hierdie stadium nog nie duidelik nie.

Lt.genl. Thembi Hadebe, provinsiale kommissaris van polisie in dié provinsie, het die aanval op die twee vroue ten sterkste veroordeel.

“Dit is hartseer dat hulle op sulke afskuwelike wyse aangeval is. Enigiemand met huishoudelike probleme moet dadelik hulp ontbied in plaas daarvan om geweld te gebruik,” het Hadebe gesê.

Die polisieondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Sarel ·

Die wereld waarin ons ledf. Hierdie ou het sekerlik rekord gehad.

Tipper ·

Die man het homself opgehang,soos hulle sê no face no case.

Saartjievandiebosveld ·

Wat de hel gaan in hierdie land se mense aan….

ES ·

Saartjievandiebosveld – sulke dinge gebeur omdat daar nie disspiline van kindsbeen af toegepas word nie.

Ovelia ·

Dit is so onnodig. Ek hoop hy word vir altyd uit die samelewing gehaal. Hy sal dt nt weer en weer doen

Ansie ·

Hy het hom sommer self permanent uit die samelewing verwyder.

ChrisR ·

Ek dink hy het toe hy homself teen die balk op gehang het..

JohanR ·

As die ou homself nou eerste op gehang het, dan ‘n bejaarde nie nou met steek wonde sit nie, en ‘n tiener meisie sal nog leef. Miskien een van Cyril se Xmas bonus vrylatings uit die tronk?

Boris ·

Die verskil tussen dierlike optrede en menslike optrede is hier duidelik waarneembaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.