Man verkrag vrou ná hy haar werk belowe

handcuffsʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 31-jarige vrou in Waterval-Oos in Noordwes verkrag het.

“Die man het die vrou glo Saterdag by ʼn vulstasie opgelaai nadat hy vir haar werk in Rustenburg belowe het,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man het haar na sy huis geneem waar hy haar vermoedelik verkrag het. “Sy kon Sondag daarin slaag om te ontsnap, en het die saak by die polisie aangemeld.”

Makau sê die man is Sondag in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Die polisie ondersoek die saak.- SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

@Marlene en ander. Lees my kommentaar by die berig “Nog ‘n vrou in Noordwes verkrag”. Ek sal graag wil hoor wat die ANC vroueliga te se het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.