ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 31-jarige vrou in Waterval-Oos in Noordwes verkrag het.
“Die man het die vrou glo Saterdag by ʼn vulstasie opgelaai nadat hy vir haar werk in Rustenburg belowe het,” het kapt. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, gesê. Die man het haar na sy huis geneem waar hy haar vermoedelik verkrag het. “Sy kon Sondag daarin slaag om te ontsnap, en het die saak by die polisie aangemeld.”
Makau sê die man is Sondag in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn. Die polisie ondersoek die saak.- SAPA
In alle opsigte barbaars.
@Marlene en ander. Lees my kommentaar by die berig “Nog ‘n vrou in Noordwes verkrag”. Ek sal graag wil hoor wat die ANC vroueliga te se het!