Man verlam ná ongeluk tydens verjaardagviering

Rudi Kunz ‘n paar ure voor die ongeluk gebeur het. Foto: Verskaf

ʼn Man van Hoedspruit in Limpopo se lewe het Saterdag handomkeer verander toe hy deur ʼn duikongeluk verlam gelaat is.

Rudi Kunz was saam met ʼn groep vriende by Klaseriedam om sy 30ste verjaardag te vier toe die ongeluk gebeur het. Hy het op 22 Maart verjaar. Melissa Swan, een van Kunz se vriende, vertel sy was in die water toe Rudi van die oewer af in die dam ingeduik het.

“Hy het nie dadelik opgekom nie en ons het gedink hy maak seker ʼn grap en gaan uitspring en ons probeer skrikmaak. Die volgende oomblik het hy bo-op die water gedryf en sy kop geskud. Sy broer het dadelik ingeduik om hom uit die water te haal,” het Swan gesê.

Sy het gesê Kunz kon gelukkig sy asem onder die water ophou en het sodoende nie water gesluk nie. “Ons het hom op die gras neergesit en hy het vir ons gesê hy kan niks voel nie. Ons almal was maar paniekerig en iemand het die ambulans gebel terwyl ons ander by hom gesit het en sy bene en arms gevryf het om die bloedsomloop aan die gang te kry. Hy het vrae gevra soos ‘Is ek nog in die water?’ en ‘Vat julle aan my?’. Hy kon niks aan sy lyf voel nie.”

Kunz is per ambulans na ʼn hospitaal in Nelspruit geneem waar ʼn skandering getoon het dat van sy boonste rugwerwels geskuif en sy ruggraat vasgeknyp het. Kunz is ook op pad na die hospitaal op ʼn ventilator geplaas, aangesien hy gesukkel het om self asem te haal.

Sondag is hy per helikopter na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg oorgeplaas.

Rudi Kunz. Foto: Facebook

Hanlie Botha, Kunz se tannie, het aan Maroela Media gesê die dokters in Johannesburg het besluit om op Kunz te opereer om sy rugwerwels weer in plek te kry, maar het gesê dat daar ʼn baie skraal kans is dat hy ooit heeltemal van die besering sal herstel.

“Hulle sou hom vanoggend vroeg geopereer het, maar daar was administratiewe probleme met die mediese fonds wat eers uitgestryk moes word. Ek is nie seker wanneer hy geopereer sal word nie, moontlik later vandag,” het Botha gesê.

Sy het gesê Kunz se hele familie, maar veral sy ouers, vat die nuus oor sy besering baie swaar. “Sy ouers en een van sy boeties is daar by hom in Johannesburg. Sy ander broer sal later die week ook by hulle aansluit. Dit is so ’n ongelooflike emosionele tyd, dit voel heeltemal onwerklik. Amper asof ʼn mens nie in jou eie liggaam is nie. Ons almal is in skok.”

Botha sê die familie klou nou aan hul geloof vas om hulle deur die moeilike tyd te help. Vriende en familielede van Kunz sal Woensdagaand 18:00 in Hoedspruit bymekaar kom om ʼn uur lank vir hom te bid. Talle ander gebedsgroepe van selfs so ver as die VSA is ook vir hom begin.

“Ons hoop dat daar mense van reg oor die land sal saamkom om vir Rudi te bid,” het Botha gesê. “Daar is bitter min mense wat van sy tipe besering herstel, maar ons glo hy gaan een van daardie mense wees. Ons glo dit, want daar is krag in gebed. Elke gebed wat vir Rudi opgaan, word gehoor. Dit is nou in die Here se hande.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Dellaq ·

“administratiewe probleme met die mediese fonds” …dit se so baie. Sterkte jong man, hoop dat jy volkome herstel.

Fanie ·

Is dit nou nie ‘n skande nie? Eers geld dan diens, hierdie privaathospitale is rip-offs.

MJ ·

Ek stem saam snoefie, dit is die mediese fondse wat te blameer is. Hul wil al hoe minder betaal, maar premies raak onbekostigbaar. Laas week deel my tandarts my mee dat sy nou genoop is om bybetalings te vra omdat Discovery nie meer vir sterilisasie-middels vir die toerusting betaal nie. Dis belaglik!

Medies ·

Dis erg, maar mense moet verstaan dat dit n besigheid bly, jy koop eers voor jy kan gebruik, so eenvoudig soos dit, as jy nie betaal nie, kan hul nie help nie. en moenie kom met daai “dis dokters ens” nie, dis nie die dokters nie, dis die fonds, en maak dit bitter moeilik vir dokters om enigens iets te doen sonder die ja woord/geld.

Ekwilibrium ·

Nóg ‘n duikongeluk… Sterkte mnr. Kunz, hoop jy kan een van die dae weer visvang!

Paul ·

Moet nooit kop-eerste in water induik waar jy nie die bodem kan sien en seker is op watter diepte die bodem is nie.

Mense gaan dalk dink jy is vreeslik simpel en ‘n bangbroek, maar dis beter as om verlam te word.

Sw ·

Baie waar. Ouers moet hul kinders van vroeg af leer dis gevaarlik.

CHRISTA ·

Korrek Paul!! Jy duik nie in ‘n dam of selfs ‘n swembad as jy nie die bodem kan sien nie!!

Sonja ·

SW, dis maklik om altyd te sê; die ouers moes hul kinders geleer het, maar het jy al n balhorige kind ontmoet, duidelik nie. Jy kan praat, n voorbeeld stel, selfs preke afsteek, maar as hulle hul eie kop wil volg is dit nou maar so. Hierdie ou is 30, n volwassene, het n bestuurderslisensie, kan trou en besluite maak, dink hy is groot genoeg om te kon dink vir homself voordat hy geduik het, maar in saying that, so bly dit n ongeluk, ons almal het al goed op die ingewing van die oomblik gedoen sonder om dit te oordink. Baie sterkte aan hom en hoop jy kry prositiewe nuus.

Afrikaanse Knaap ·

Ek kry die ou bitter jammer. Hy en sy mense is in my hart.
Asb leer julle kinders om nooit in water te duik waarvan hulle nie die bodem kan sien nie. My pa het my dit geleer vandat ek kan onthou.
Ek weet nou al van 3 sterk volwasse mans wat daai fout begaan het, en nou in rolstoelle is.

Tanya ·

Ek stem saam Paul. Mense het my altyd ‘n bangbroek genoem op skool kampe. Ek is bly ek het nooit net ingeduik nie. Mens weet nooit wat daar onder die water aangaan nie en water, so stil en rustig soos dit is, kan so kragtig wees. Sterkte Rudi en ek spreek die Here se bloed oor jou uit en bid dat jy weer sal opstaan en gaan hengel. Moet nooit ophou glo nie.

Glo onwrikbaar ·

Glo onwrikbaar en jy sal weer loop. Jul positiewe gesindheid ondanks die tragedie, gaan jul geanker hou en Rudi Kunz, as die lewe druk, werk jy harder, jy kan herstel, min het al, maar daar het al en dit moet jou fokus en anker bly in geloof.

Harriet Arrow ·

Liewe Here plaas jou hande op daai man se rug en maak him weer gesond Amen

Basjan en Linda Meyer ·

Sterkte ou seun en bly veg. Wonderwerke gebeur bly net vasstaan in jou geloof. Ons bid vir jou

Suzette ·

Rudi, ek is ook onlangs deur ‘n rug operasie met komplikasies maar laat ek jou sê die krag van gebed het my gedra en ek is op die pad na herstel. Ek sal jou en jou familie opdra in my gebede. Sterkte

AL ·

Sterkte Rudi, wees positief, bly glo en wonderwerke gebeur.
Suzette mag jou herstel spoedig wees.

Jeanette ·

Sterkte aan Rudi, sy ouers en die res van die familie. Wonderwerke gebeur. Met God is enige iets moontlik. Ons bid almal saam en glo Hy sal genees!

Antonet ·

Vir ons God is niks ontmoontlik nie. Glo hoop en Vertrou…..Sterkte

Sputnik ·

Ek glo in die krag van gebed – het dit nog altyd ervaar en dit is weer onlangs bewys in ‘n voorval met ‘n gesinslid. Sterkte. Ek dra julle in my gebede op.

p v niekerk ·

Hy sal binne paar mnde weer k loop normaal lewe ens hy sal nooit weer kan doen wat hy kon gedoen het nie hy sal steeds sy lewe k geniet en hy mt nou sy hart v JESUS gee . Laat my weet ek wil kontak met hom maak na die herstel Profeet Petri bo is my mail

Kobie ·

My seun het na ñ rugby besering sy gehoor volgens die dokters verloor.En na ñ maand het hy sy gehoor terug.Dis nie vir die dokters om te besluit nie.Dis in die Here se hande.Sterkte vir julle.

Tammy ·

As die operasie se sukses afhang van n tydsverloop van toe die besering gebeur het tot die operasie gedoen is, en die patetiese hantering van die mediesefonds se administrasie veroorsaak dat die jongman nie gaan herstel soos wat hy sou herstel het as daar NIE ADMINISTRTIEWE PROBLEME was nie, wie gaan dit op hul gewete dra?????? Dit gaan net oor geld. Mediesefondse moet hulle prioritete agtermekaar kry, vir hulle gaan dit net oor geld, geld, geld. Ons moet net betaal maar hulle swaai die septer. Watter mediesefond is hier betrokke, Ek dring daarop aan dat iemand die naam hier deurgee. Sal die hele dag dophou……….

Johan Strauss ·

Ai Rudi ou seun, jy het voor my groot geword en jou lewenslus sal my altyd bybly. Sterkte aan Johan en vroutjie, Jannes en klein Johantjie.

ina zeelie ·

twee jaar gelede het my klein seun Robert Zeelie, sy nek gebreek, in motor ongeluk, in zimbabwe, dadelik is die Khangela zeelie gestig, mense van Zim Botswana Zambia, en res van die wereld , het bygedra, Vliegtuig het R 10000 gekos, die hospitaal, R10000, voor die vliegtuig kon op styg. sy skool, Brothers collage, het geweldig gehelp, die mense van Zimbabwe, is wonderlik, Hy is kwadropleeg. en in Kaapstad, by rehab.
hy was n baie groot sportman, maar omdat n voertuig, op wit streep, n ander verby gegaan het, , het alles vir ons verander.
Mag God jul almal help,

Sharon Graham ·

So jammer om te hoor! Bly glo in die Vader. Ek wil getuig dat ons n God van wonders dien. My seun is in n baie erinstige ongeluk gewees en die Dokters het hom 24 uur gegee om te lewe. Deur gebed is ons gedra en vandag loop hy weer alhoewel sy nou n prosthesis dra en sy arm verlam islewe hy!!! My skoon sus is verlede jaar in n baie erinstige motor ongeluk en die toetse het bewys dat sy nooit weer sou kan loop of eet nie. Die finale besluit le by Jesus nie by die Dokter’s nie. Baie sterkte vir amal van julle. Ons dra jul op in gebed.

Erich Kohrs ·

Ek ken nie vir Rudi persoonlik nie maar ek is van Hoedspruit en woon vnaand se biduur by ons sel se koffie shop by. Drie Bybelverse waarin ek glo met alles wat in my is….Jakobus 5:16, Johannes 14:12 – 14 en Markus 9:23……sodat God verheerlik kan word. Die mediese fondse sal wel eendag verantwoording doen. Elke knie sal buig…….

m ·

Ek glo jy gaan regkom. Jou rug moet net herstel van die operasie. Ons bid vir jou. Alles gaan net tyd vat.

Yoli Haskins Nieuwenhuis ·

Ons bid vir jou Rudi jy is in die Here se hande, daar is soveel mense wat vir jou bid. Sterkte vir julle familie dink aan almal van julle

Glo ·

Rudi ons dien ‘n Lewende God dus ons Hoop is lewend ! Bly bid hou vas ..sterkte vir al die geliefde GLO ..want wat vir mens onmoontlik is, is vir GOD altyd MOONTLIK.

SARIE VAN HEERDEN ·

Hopelik kry hy die beste spesialiste beskikbaar waarheen hy oorgeplaas is en dan, met goeie nasorg, behoort dit met hom goed te gaan. Die nasorg is baie belangrik. Sterkte Rudi.

Juliana ·

By alle hospitale geld net een reël. Geen geld, geen diens. Jy moet eers ‘n deposito neersit voor enigiets gedoen word. Die eed wat Drs aflê geld lankal nie meer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.