Man verloor appèl oor k-woord

court-hammer_thumbDie appèlhof in Bloemfontein het Dinsdag ‘n man se appèl oor die gebruik van die k-woord van die hand gewys.

Lourens Prinsloo was glo in ‘n argument met drie vroue betrokke oor parkering by die Vergeet-My-Nie-vrouekoshuis by die Universiteit van die Vrystaat.

Prinsloo het glo die woorde “Julle f****n k****rs” tydens die argument met die vrou en haar twee dogters gebruik.

Prinsloo is in Januarie 2012 in die Bloemfontein-landdroshof skuldig bevind op twee aanklagte van crimen injuria en een van aanranding. Die landdros het Prinsloo tot ‘n boete van R6 000 of 12 maande tronkstraf, wat vir vyf jaar opgeskort is, gevonnis.

Prinsloo het by die Vrystaatse hooggeregshof en die appèlhof teen sy skuldigbevinding geappelleer. Drie regters in die appèlhof het egter eenparig met die landdros saamgestem dat Prinsloo wel die woorde geuiter het.

“Die woord k****r is rasbeledigend en aanstootlik en is gebruik in die skadelik sin,” lees die uitspraak. Die regters het gelas dat dit “wederregtelike aggressie” op die vroue se waardigheid was.

“Dit is alombekend in ons land dat die gebruik van dié woord nie net verbied word nie maar vervolgbaar is. In ons rassistiese verlede is dit gebruik om seer te maak, te verneder, te minag en Afrikane te ontmens.

Hierdie aanstootlike woord het ongekende hartseer en pyn aan die gevoelens en waardigheid van die Afrikane in die land veroorsaak.”

Volgens die uitspraak kan Prinsloo nie beweer dat hy nie geweet het die gebruik van so woord is beledigend en skadelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Stella ·

Te “ontmens”…???!! Liewe aarde, maar die mensdom raak belaglik!

Ant ·

Prinsloo moes hulle eerder na ‘n plaas toe gevat het en daar vermoor het, hy sou ‘n baie ligter straf gekry het……

AmY ·

Ek sien my kommentaar is geskrap net omdat ek die volle ‘vloekword’ gebruik het en nie #*&@ gebruik het nie.

Kortweg: ek het baie jare terug saam ‘n vrou gewerk wat my byna elke dag ‘n @#$%&* boer genoem het.

Sy my naam ook in dieselfde sin as politieke gevangenisse soos Eugene de Kock gebruik.

Ek is nooit na my base nie, want ek was bang sy gaan my viktemiseer. Sy het gedurig met ALLES weggekom in daai kantoor.

Gelukkig het dit later opgehou toe ek haar aanhoudend ignoreer het. Ek het ook vir ‘n verplasing gevra wat ek gekry het omdat dit baie nader aan my huis was. Sy het daai laaste maand oor-en-oor gesê ek is net verplaas omdat ek blank is. Ek het maar vasgebyt en die laaste twee weke omgebid.

Punt: Hulle mag dit sê, en sê net wat hulle wil, maar laat ons dit nou net waag sê.

Later het ek gehoor (weet nie of dit die waarheid is nie) sy is by ‘n taxi-staanplek vermoor omdat sy aanhoudend met ander mense skoor gesoek het.

Sy het seker gedink hulle is ook ‘soft targets’ soos ek, toe kom sy haar Moses teë.

Ek verlaat nou die maatskappy waar ek werk aan die einde van die jaar na 24 jaar diens waar ek nooit weer probleme met een van hulle gehad het nie.

Belinda ·

Ai Amy shame dis verskriklik ne…………………maar as die wel die waarheid is is die blinde sambok ook maar n lelike ding……………………..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.