Netwerk24 berig Thys Besselaar (35) is Vrydagoggend saam met Tokkie Hugo, eienaar van die Certainty Lodge in Sodwana, KwaZulu-Natal, aangeval. Hugo het die aand gaste onthaal en die meeste mense is omstreeks 21:00 terug na hul kamers. Hugo en Besselaar het egter agtergebly om nog ʼn drankie by die kroeg te drink.
Drie rowers, gewapen met ʼn 9 mm-pistool, ʼn AK-47 en ʼn haelgeweer, het die perseel binnegekom en die mans oorrompel. Volgens Hugo het een van die rowers deurentyd op Besselaar gefokus omdat hy gedink het hy het ʼn vuurwapen.
Besselaar het die rower met ʼn kroegstoel aangeval, terwyl Hugo die ander twee getakel het. Die rower met die haelgeweer het Besselaar in die been geskiet voordat al drie van die toneel gevlug het.
Volgens Hugo het die rowers vroeër die werkers op die perseel geteiken en verskeie selfone gesteel.
Besselaar is na ʼn hospitaal in Richardsbaai gehaas en Sondag na ’n hospitaal in Durban oorgeplaas. Sy been sal Maandag geamputeer word.
Al weer Sodwana , Mens kan nie meer n kaans vat daar nie , hoeveelste mense wat nou beroof word daar vir n cell foon
Ek het 21 jaar in KZN gewoon, wat ‘n genade dat ek weg is daar so 8 jaar gelede, sal ook NOOIT weer daarheen terug keer nie.
Dit is nou ‘n dowwe stelling! Dof soos in dof. Met Jou’ies wat op sommige forums aangewys word as een van die gevaarlikste stede in die wêreld en Kaapstad waar bendes strate verander in Wilde Weste(s) asook Bloem waar misdaad blykbaar rof is maak jy so ‘n dowwe stelling oor ons pragtige bosveld. Die naweek is verby hoor, dit is al Maandag! Drink ‘n Bio Plus of ander regmaker.
Dave, gee maar liewer jou regmaker vir die kriminele, Dalk maak dit hulle koppe reg!! As dit werk, kry vir jouself ook een!!!
Die stelling word gemaak door Kwa Zulu en nie door die bosveld nie,
Durban is ‘n bosveldstad…