Man verloor gedeelte van been in fratsongeluk

Paramedici van Netcare 911 op die toneel. Foto: Marshall Securtiy

Paramedici van Netcare 911 op die toneel. Foto: Marshall Securtiy

ʼn Man in sy 30’s is Woensdagmiddag in ʼn kritieke maar stabiele toestand na ʼn hospitaal in Durban geneem ná ʼn fratsongeluk by ʼn sakeperseel in die noorde van die stad.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder van Marshall Security, het ʼn skeepsvraghouer by ʼn perseel in Glen Anil op ʼn vurkhyserbediener geval terwyl die man voorraad daaruit gelaai het.

“Na wat verneem word, het die beton onder die vraghouer ingegee en veroorsaak dat die houer omslaan,” het Van Reenen gesê. “Die bediener is tussen die vurkhyser en die grond vasgepen.”

Van Reenen het gesê die man se kollegas het vinnig opgetree en hom onder die vurkhyser verwyder. Die man het na wat verneem word ʼn gedeelte van sy been in die ongeluk verloor. Paramedici van Netcare 911 het meer as 40 minute gewerk om die man te stabiliseer, waarna hy met ʼn ambulans na ʼn hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die voorval word deur beamptes ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christie ·

‘n Betonvloer van ‘n sakeperseel behoort dik en strek te wees. Die grond onder die vloer moet goed gekompakteer word. Kortpaaie en swak vakmanskep is beslis die oorsaak

Karma ·

@Christie, as alles altyd is soos wat dit moet wees, sal daar nooit enige ongevalle, ongelukke of siektes wees nie. Maar nou ja, in dié land van ons, is niks ooit soos dit moet wees nie, so wat verwag ‘n mens dan? Maar, sterkte aan die jonge man – net in sy 30 ‘s en sonder been: sy lewe sal vir seker nie maklik wees tot hy aangepas het nie. Hoop egter hy raak gou gesond!

Jacques ·

Die eienaar en al die partye betrokke by die konstruksie van die laaiblad moet moet vervolg word. Die is nie eers n betonblad nie. Dit is n dun skil om die erosie te stop. Bygesê as die gebied wel as laaisone gemerk was

KarooKlong ·

Die skeepsvraghouer is op ‘n sleepwa gelaai. Het die sleepwa met ‘n skeepsvraghouer nie dan omgeval nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.