Man verloor tweede vrou in aanval op dieselfde hoewe

Jurie en Riekie Steenberg. Foto: Facebook

Jurie en Riekie Steenberg. Foto: Facebook

Jurie Steenberg se tweede vrou is Woensdag op dieselfde kleinhoewe, noordoos van Pretoria, vermoor as sy eerste vrou, meer as ses jaar gelede.

ʼn Familievriend het aan Maroela Media gesê Jurie het Woensdagoggend omstreeks 4:30 in sy huis op ʼn kleinhoewe in Leeuwfontein opgestaan om die honde buite toe te vat. “Toe hy uit die kamer stap, het drie mans hom ingewag. Hulle het op die boonste verdieping ingekom deur ʼn traliehek uit die muur te breek.”

Volgens die vriend het Steenberg vir sy vrou, Riekie, geskree om ʼn vuurwapen te kry. “Riekie het om die bed gehardloop om Jurie se rewolwer te kry, toe hulle haar geskiet het. Hulle het Jurie ook hierna geskiet.”

Jurie is glo agter in sy linkerskouer geskiet, waarna die koeël voor onder sy arm uitgekom het. Riekie is glo ook van agter af in die skouer geskiet. Die koeël het vermoedelik haar hoofslagaar of hart getref. “Jurie het ʼn ambulans en die polisie gebel en hy het nog met Riekie gepraat.”

Jurie sterk in die Netcare Montana-hospitaal aan. Volgens die vriend is sy toestand nie kritiek nie. “Hul selfone is weg en Riekie se trouring wat op die bedkassie was en Jurie se rewolwer is ook gesteel,” het die vriend, wat saam met die polisie op die toneel was gesê.

Jurie en Riekie is glo verlede jaar getroud. Jurie is die eienaar van Jurie Pale & Lapas in die noorde van Pretoria.

Jurie se eerste vrou, Suna, is in April 2010 op dieselfde kleinhoewe geskiet. Sy is twee keer in die kop en een keer in die been geskiet en was vir byna ses maande in ʼn koma voordat sy in Oktober dieselfde jaar oorlede is. Jurie was nie tuis toe Suna en sy ma aangeval is nie.

Sers. Sam Shibambo, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Maroela Media gesê hulle ondersoek ʼn saak van huisroof, moord en poging tot moord. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Gallie Vermeulen ·

Dit is verskriklik hartseer wat hier gebeur het. Ek wens so iets nie my grootste vyand toe nie. Ek bid dat Jurie spoedig sal herstel maar die hartseer sal nooit verdwyn nie. Ek voel dat ons almal moet saam bid dat die Here ons sal lei en weer vrede bring in hierdie pragtige land van ons. Dit is barbaars wat hier gebeur het. Ek bid dat die polisie spoedig hierdie barbare sal aankeer.

Gemmertjie ·

EK RAAK DO KWAAD SAL N HARTAANVAL KRY EN MY HAAT WEER ERGER.
OM TE DINK DAAR IS BLANKES WAT WAPENS AAN HULLLE VERKOOP.

DIS SKRIKWEKKEND JYS NERENS MEER VEILIG NIE.

Nico Strydom ·

Dagsê Lida
Jolene se kommentaar is verwyder.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

jemma ·

Beste Maroela,
Hoe op aarde kan julle Jolene se e-pos plaas? Is dit nie laster nie?

Nico Strydom ·

Dagsê Jemma
Dit is reeds verwyder.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Idee ·

Ek wens Maroela wil berigte skryf wat ons bewus maak oor beveiligingstegnieke.

Frikkie ·

Beveiligings tegnieke oor die algemeen kan gepuliseer word, maar ek dink nie dis n baie goeie idee om individuele tegnieke en voorsorgmaatreels in die koerant laat publiseer nie. Uiteindelik beteken dit niks meer nie want daar is nou n goeie kans dat skelms dit kan sien, dus is die verrassingelement teen die boosdoeners verlore. Neem tyd en werk n plan uit wat in alle omstandighede jouself, jou familie en besittings kan beskerm in tyd van nood. Oefen dit met huisbewoners sodat jy/julle outomaties optree teen veskillende bedreiginge en nie nog hoef te dink ” o vrek wat maak ek nou “, nie. Ons moet onsself kondisioneer om altyd defensief te dink en sodoende alles wat ons moontlik kan bedreig te kan indentifiseer en dermate te kan optree.

Koos ·

Dit is asof die mense in ontkenning leef elke dag hoor ons van plaasaanvalle maar mense weier nog steeds om paraat te wees.Die rowers breek ‘n traliehek oop om in die huis te kom geen alarm die honde is duidelik niks werd vriende hoeveel mense nog voor ons besef ons leef in gevaarlike tye

Ina Goosen ·

Dis alles waar wat jy sê, maar asseblief, Jurie-hulle is nie die skuldiges nie! Die moordenaars is. Ons kyk na onskuldiges asof hulle die oortreders is. Mag die Here self die geliefdes vertroos.

Wanneer ·

Ek blaas nie haatspraak of oorlog praatjies aan nie, het 3 babatjies en n jong vrou, maar dis oorlog. Wie gaan ons red, waar gaan ons verder instuksies en wapens onvang. Gaan amal van ons nou wraagtig soos skape keel af gesny word. Het die voortrekkers nie n grooter gevaar as ons gehad nie. Is julle huise en karre meer werd as n toekoms vir julle kinders. Wanneer gaan die Afrikaner saam trek die dag as elke een wat oor is in plakkers hutte bly.

Harold ·

Waar is die hoof van afriforum met Steve Hofmeyr en Johan Rupert daar is genoeg leier in ons volk hulle moet net begin saam staan en begin lei. Ons sal volg al is dit met stokke en steene

Wanneer ·

@ Harold : Ja dis waar ons het genoeg leiers, maar wanneer gaan hulle begin vir ons opstaan. Hoe moet ek my gesin verdedig. Is dit regverdig dat ons eendag net weer n berig in die koerant vir die dag is en dan is dit verby. As ons as n volk nie wil begin van ons vet gatte opstaan en ons self en kinders verdedig nie, waar heen moet ek trek. Al wanneer die wit mense sal begin saam staan as die hele klomp in wit squatter camps bly en glo my dis nie ver weg nie.

Dan ·

Die mense wie hier kommentaar lewer dat ons “genoeg leiers het” en dat “Steve en Johann Rupert ons leiers is” – mense waar kom julle aan sulke bog? Ons HET geen leiers nie, Rupert is ‘n sakeman, en die sanger wie in sy stukkende jeans oral rondhardloop waar dit sy sak die beste pas (hy het volgens sy eie mededeling vir die NSA gestem en dink hy is slimmer as God – gaan lees self sy snert wat hy in sy boek kwytraak) is dalk ‘n kamstige leier van ‘n sekere (kommin?) segment van die volk, maar nooit as te nimmer van die ware volk nie. Toe die “simpel regses” destyds gewaarsku het waarop hierdie dinge gaan uitloop het twee derdes vir hierdie fiasko gestem. Tye en dinge het ooglopend nog nie verander nie, daarom die absurde stellings oor Hofmeyr wie ‘n sogenaamde leier is. Julle ogies is nog net so toe so destyds. Gee julle wie so slim was/is die oplossing. Ons wag al 22 jaar.

Wanneer ·

Dan net n vining een is nie lus om met jou in n debat betrokke te raak nie, Leiers word gemaak nie gebore nie. Dalk is ek een van die kommin segment van die volk. Maak nie regtig saak wat jy dink of se nie, maar al wat ons het is ou Steve al stem niemand op die plat form saam met my nie. Niemand anders het nog enige iets probeer doen om te minste net vir die wereld te wys kyk asseblief net bietjie hierdie kant toe, ons verkeer in gevaar, miskien die leier van die VF+ die Mulder broers. So waarom ons kom sleg se en die mense wat ons voel ons leiers kan wees wil kom sleg se. Sien Dan jou probleem is jy wag, waar ons kommin klop te minste probeer.

Karma ·

Berigte soos dié, is om ‘n mens se hart te breek! Waar, o wáár, is ons lieflike, (eens) veilige land heen? Selfs hier, in die Wes-Kaap, in Worcester ruk dinge handuit. Mens is nêrens meer veilig nie; jy kan nie waag om in die straat af te stap sonder om bang te wees dat jou handsak van jou skouer afgeruk word nie; jy kan nie meer jou wasgoed op die lyn hang en dink dit gaan vanaand nog daar wees nie; al is jou huis beveilig met 2cm dikte tralies en veiligheidshekke, honde, gewapende reaksie en 24-uur sekuriteit, is jy nie seker of jy môre nog gaan leef nie.

En alles te danke aan die korrupte, wraaksugtige, wreedagtige ANC-regering wat ons landsgrense oop en onbewaak laat lê, sodat die swart gemors wat dié misdade pleeg, kan inkom want SA is mos nou deel van die Afrika-kontinent – “One Continent. One Country … yes, we have a good story to tell”, nè mnr. Zuma? Sterkte aan Jurie – word gou gesond en mag die Here Sy Hand oor jou hou, sodra jy dié dubbele verlies kan verwerk.

Annetjie Keyser ·

Dit is baie hartseer. Ons bid vir Jurie se algehele herstel. Mag ons Hemelse Vader vir jou krag gee in hierdie moeilike tyd.

Se masr net ·

Die probleem in die land is ons dink dit gebeur net met ander!!! Wakker word is n term wat ook daagliks gehoor word. Maar steeds staan ons nie regtig saam nie. Ek gaan seker uitgehaal word oor die volgende. Maar so baie lei aan die Kreef sindroom. Gooi n klomp krewe in n emmer en sien hoe word die een wat wil uitklim afgetrek. So saam werk en staan , nnee ons kyk graag toe. En soos ek hier lewer sinnelose kommetaar, en doen net mooi niks nie.

Wanneer ·

Se masr net, die dag as ons almal in squatter kampe bly en niks het om voor te lewe nie, dan gaan ons saam staan, ongelukkig gaan duisende sterf, in die proses wat die vyand alles van ons vat. Afrikaners word wakker maak oop julle oe, waar is ons leier. Verenig ons volk en spaar ons lewens. Ek sterf eerder tydens oorlog vir n oorsaak as tydens n indbraak en is net nog n statistiek

realis ·

Jammer maar die Afrikaner kon nog nooit (na bloedrivier) weer saamstaan nie want elke ou het sy eie agenda.
Ons het dit vir te lank te lekker gehad. Dan hierbo trap op ‘n paar sensitiewe tone en dit maak seer maar hy is in die kol. Dit help nie nou om te se ” ek het jou mos gese nie” want mense, Afrikaanse mense is te geneig om die sondebokke elders te soek.
Diegene wat in die verlede egter iets probeer doen het uit woede het groot gekke van hulself gemaak en met hul agterente in die tronk beland.
Ongelukkig is ons te ordentlik om die wapen op te neem en iets aan die saak te doen. Daar moet eers iets verskrikliks gebeur voordat ons gaan wakker word.
Die huidige bestel maak dit egter vir die blanke baie moeilik om op te staan aangesien ons met valkoe dopgehou word.
Kom ons begin met mekaar praat om ‘n oplossing te soek en kyk of daar nie dalk ‘n leier in ons midde is wat die wysheid van Salomo aan die dag le met ‘n werkbare stategie nie.

Esmay ·

Wanneer, ja wanneer sal ons aardse leier ons kom red??. Ek stem met jou saam. Sal veg tot die einde eerder as om net vermoor te word. Ons sit hier in wanhoop en dink : Is ek dalk die volg statistiek!!!

Lance ·

Ek wonder net wat doen die polisie ….die booswigte kom meeste kere weg …doen ASB iets polisie !

Sarie ·

Die berigte is so verskillend wat is nu die waarheid Rekord vertel dit anders?

Stompie ·

Stem Sarie daar is selfs ń video wat wys hoe die polisie lyksbakkie uit die Steenbergs se perseel ry?????

Malva ·

Dan se kommentaar hierbo, kan dit nie beter stel. Niemand so blind as die wat nie wil sien.

Chrisjan ·

Vergeet van n leier, vergeet van saamstaan. God is ons leier, kry jou verhouding met Hom reg. As God vir ons is wie kan teen ons wees?
Nerens in die Bybel word ons geleer om saam te staan nie, God het nie getalle nodig soos die anc nie.

LJ ·

Chrisjan ek saam met jou, die HERE se ons moet nie op mense en prinse vertrou nie,net GOD kan ons red hiervan,hoe lank gaan ons nog uitstel om op GOD te vertrou. Ons as volk het HOM v ersaak. Sterkte aan jou Jurie,mag die HERE jou troos net soos hy kan troos. En mag GOD ons red uit die mag van die duiwelse dinge en demone

tamboti ·

God het van Israel ‘n geslag laat uitsterf – 40 jaar. Van ons sal niks oorbly nie, nie in SA nie.

Christen nasies was al uitgewis ·

Verskeie Christen nasies was al uitgewis. Moet nie slap op jou knie staan nie, doen ook iets daadwerklik aan die saak.

John ·

Chrisjan, jy jok darem nou. Moses en Aaron was groot leiers so ook koning David. Salomo het Israel help opbou en dan was daar die profete en vele ander wat ‘n groot rol in die Joodse geskiedenis gespeel het. Leiers moet na die wil van die Here vra en lei, ten eerste, anders is dit beter om geen leier te he nie.

Willie ·

Leiers- ek dink persoonlik sodra daar n behoorlikke leier opstaan, word die dalk vir myneed of rampokkery aangekla. Die regering tans sal dit nie toelaat nie, of laat dit gebeur nie…
Dis skokkend om die elke dag te lees… Dis hartseer en mens kanie help om woes kwaad te raak nie… dis ons ons volkie se gesig, magtelees en vuisvoos van die rug draai…

Quin ·

Dan, jou skrywe kan nie meer in die kol wees nie. Wanneer, ek wonder of jy nie net n grootprater is nie. Blanke plakkerskampe is al ou nuus. Elke maand kry ek ‘n paar rand afgeknyp om ‘n bydrae vir hierdie doel te maak, dalk moet jy dit ook begin doen.

Wanneer ·

Quin maak nie saak hoe ou nuus wit plakkerskampe is nie dit bly nog steeds n feit, en my punt wat ek oor probeer dra is nie die wit plakkerskamp se bestaan nie, my punt was, as ons nie iets drasties begin doen nie, gaan ons almal daar opeindig. Of ek n groot prater is kan ek weet ek nie, aangesien ek nou nie gese het ek gaan wapens optel en wie wil my join nie. Ek het vrae gevra, ek wil net graag weet wat doen ons 3.5 miljoen wit gesiggies as daai massas besluit genoeg van ons. Veg jy of vlug jy. En as jy veg wie gaan ons de la Rey wees, en as ons vlug waarheen.

Esmay ·

Wanneer ek stem met jou saam. Ons moet maar ons oè en ore gespits hou vir die dag wanneer ons leier gaan opdaag. Ja, ons dorpe en stede is omring met plakkerskampe, met diè plakkerskampe sit daar iets agter…..!!!!!

gunther ·

Sterkte dink hulle moet die vuurwapen wet weg vat laat amal maar gewapen rondloop cowboys en crooks want dis die wilde weste die

Spook ·

Ek sal die man nie kwalik neem as hy nou die witwolf soos n Sondag piekniek laat lyk nie.Dis baie tragies. Die moeilikheid(oorlog) kruip by die dag nader.

Joann ·

Dit is tyd dat die manne van die ou weermag begin opstaan en die land ruk. Hulle kan want hul opleiding was uiters goed,nie soos vandag sin nie. Maak n gelofte aan God soos die voortrekkers en kom dit na,nie soos dit nou gaan met geloftedag nie waar ons nie meer geloftedag vier en kerk toe gaan nie. Kom manna jul kan.

Lewies ·

Ek weet nie hoe dink iemand die Blanke volk kan of sal saamstaan nie, wat hulle goed kan doen is om mekaar sleg te se en af te kraak. Die Blanke kan net saamstaan vir sy “Afgod” SPORT

Leeukop ·

Baie waar. Ons is in die moeilikheid as gevolg van rugby aanbidding.

MIA ·

So bietjie ironies………wonder soms oor lewens versekering ..Wat word van ons land , dis bitter hartseer so n pragtige vrou .

Deon ·

Jurie hulle bly so 800m van my huis af. Ons het gesien hoe Jurie na Suna se dood al hoe maarder word as ons hom by SPAR sien. Hy het weer hoop gehad toe hy vir Riekie ontmoet – hy het sy smile teruggekry. Nou hoe herstel jy nou weer.

Jurie ons gebede is met jou my vriend.

ELAINE ·

Dan aan jou jy wens jy kan in Steve se skoene staan hy probeer teminste iets vir ons land doen. Lyk my jy sit ook maar op jou bank en kyk hoe Suid Afrika agteruitgaan en beledig dan vir Steve. So Jy is ook ‘n lamsak!!!!! Dink eerder aan die man wat pyn beleef as gevol van plaasaanval as wat jy hier slegte kometaar lewer oor mense wat iets doen.

Bianca ·

Riekie was n wonderlike persoon ken haar sy het dit nie verdien nie Wens net die moord wil ophou hoe slaap hulle per nag ….

Elna Kupke ·

Bianca as jy verwys na die skurke, hulle slaap nie in die nag nie, hulle lê en slaap hulle asse af deur die dag en hier vanaf 5/6nm is hulle gereed om die strate en plotte en plase in te vaar om moeilikheid te maak!!! Dit lyk of die goed in skofte werk sommige hou van dagskof en ander doen hulle afskuwelike dade deur die nag!!!

Theuns ·

Al die kommentare hierbo het betrekking. Ek lees die moedeloosheid met die misdaad en die brutale moorde op plase en die versugting dat ‘n leier weer vir ons mense op die voorgrond sal verskyn. Ons leef in ‘n Suid Afrika waar as jy iets se, jou man staan om al die gemors aantespreek is jy nie polities korrek nie en word jy uitgeskel as ‘n rassis! Kyk wat het so pas gebeur met die Pastoor in Sandton en die ou by die Gastehuis in Sodwana en moenie vergeet van die drie verslggewers by die SAUK nie! Die engelse het ‘n gesegde wat se ” If jou stand up for your rights you are frowned upon”. En vir die en ander redes bly mense stil en dit is seker die grootste misdaad teen ons volk!! Daar is ‘n dawerende stillte van die politieke partye. Hulle se niks want uitspraak oor die moorde op plase sal hul swart werwing beinvloed en hulle uitsprake oor grondbemagtiging. Besighede neem deel aan swart ekonomiese bemagtiging(SEB) en sal daarom nie iets se wat hulle verhouding met die regering sal benadeel nie. Vir baie sal die besighede se finansiele verlies te groot wees om SEB tee te gaan. Vir n sekere segment van ons Boere is dit baie voordelig om onwettige buitelanders in diens te neem. Hou moed my vriende!

Waars ons rugby helde nou ·

Soos no genoem het ons volk mos rugby verafgod, en waar is daardie groot rugby helde nou?

Simon ·

Dit is baie snaaks as ‘n witman ‘n swarte aanrand, dan is dit rassegeweld en rassitiese optrede ens ens. Hoekom word die moorde ook nie as rassisties uitgebasuin deur die media nie? Nou is hul stil met rasse uitlatings sodra swartman die witman vermoor. Dis rassities gedrewe en ons media is mos polities korrek net wanneer die swartes oneer aangedoen word. Ons media word bedryf deur die ANC regering en is te bang om die waarheid uit te saai.

Nico Strydom ·

Nota: Die berig is gewysig in oorleg met die oorledene se familie.
Nico Strydom nms Maroela Media

Theresa ·

Tweede groot trauma om te hanteer – mag jy die krag van Bo ontvang hiervoor. Kan Maroela uitvind wat van die moordenaars gebeur het na die eerste geval? Hoe jammer ons moet so agter slot en grendel leef en is steeds nie vry om uit te stap as ons sou wou nie. Dis ‘n skande in hierdie land en die president doen nie sy plig om te sorg dat alle mense in hierdie land veilig gehou word nie. Ontplooi dan die soldate om mense te help oppas. Skandelike gedrag van ‘n regering waar miljoene getrou belasting betaal en al hoe minder waarde daarvoor sien.

Japie Greyling ·

Hulle lê en wag tot mens die alarms disarm om toe te slaan. Mens moet tog een of ander tyd die alarm disarm om in jou huis te kan beweeg en dan val hulle aan, breek ‘n venster uit en kry toegang tot die huis. Dit gebeur so vinnig en mens hoor hulle nie tot hulle reg voor jou staan. Dit is nie ‘n kwessie van agterlosigheid nie. Ek praat uit ondervinding. Wees gereed vir ‘n inbraak en aanval die oomblik as u daardie disarm knoppie druk. Sterkte aan die slagoffers van die nuutste moordtog, en al die wat nog gaan volg. Wie is volgende.

RIGTING ·

Blootstelling aan media blyk ook problematies te wees. Beperkte dekking, beperkte gevoelsuitdrukking, beperkte leierskap en sovele meer lei tot onnodige blootstelling en viktimisasie. Sal graag wou sien dat morele waardes en standaarde aangespreek word. Dink mense dink!!!!!!

Mense regte komissie ·

Die Mense regte kommissie alleen kan die sake uitsorteer, hulle moet net hul prioriteite regkry en vir alle mense regte baklei, toetree tot sulke sake. Hoe kan jy nie op jou boonste verdieping met diefwering veilig wees nie, nee man mense regte waar is julle, hierdie man en vrou is van AGTER geskiet, skiet jy gewone getroue burger wat jou en jou familie en jou eiendom beskerm ietmand van agter is julle die 1ste wat opsring en sê, hy was nie ‘n bedreiging nie, as jy iemand van agter skiet het die persoon gevlug. Jul gaan vinnig moet wakker skrik en optree anders is julle die vlg ding wat moet fall. Hoe sal dit klink ” Human Rights musf fall” Beskerm almal met dieselfde respek en deursigtigheid. Aan Jurie Steenberg, outjie baie sterkte, verkoop die plek aan die Mense Regte dat hul voel hoe dit voel om 2 keer ‘n geliefde te verloor. Ek bid dat daar iewers nog ‘n wonderlike kans op geluk vir jou is.

Joann ·

Is daar dan nie nog n De LaRay in ons land nie??? Laat hy die boere kom lei.

STAAN BY ·

man julle,,,,,,eks so gatvol vir slapgat witmense ek wil hul telyf gaan, ons is blerrie bederf, lewe lekker, luuks. Ja natuurlik moet en vra ons GOD om hulp en wysheid, maar beteken dit nou kan ons agteroorsit en wag tot dit beter raak, ons het mos nou gedid, hou op met praat, raak deel van jou GPF ons is al 6 jaar besig in ons dorp, steeds in ons net 8 ouens wat opstaan in die nag as daar alarm is om te gaan ondersoek instel. Ons nou op ‘n punt na die laaste vergadering dat ons name noem wie nie kom help het nie, maar wat wel daar moes wees, as hy sy &*#$ pluk, to bad, jy bel ons nie as hul besig is om in jou huis in te breek nie, ons kyk nou net na mekaar, en ek weet op wie ek kan staatmaak, die res wil laat kuier, by vriende ens maar nie laat patrollie ry nie.

cobusp ·

Kry mens nog lewendekking as jy op n plaas of klein hoewe bly? Die ex koevoet en reccys manne wat gaan werk in Irak of in die midde ooste of Afrika word daar geen dekking voor ge gee nie en ek wil my verstout om te se hulle is dalk veiliger as ons boere………..Sterkte aan die familie………..mense dus baie erg omtrent elke dag of tweede dag skryf ons dieselfde boodskap nog n blanke aan die dood af gestaan so sinneloos en daar is nog geen oplossing vir dit nie…

Andries Bodenstein ·

Die tyd is hier om aksie te neem , en nie meer woorde nie ! Dit is tyd om veilige tuistes vir almal te skep , en ek praat nie hier van ‘n Orania nie , maar meer van ‘n ‘groot trek’ veilige hawe vir almal. En hoe gaan EK dit doen ? met almal se sakke en bydraes ; hier teen die weskus gaan ons goeie plase aankoop en so struktureed dat die wat die dag moet vlug , sal weet waarnatoe om te gaan , ja , daar moet selfs bunkers gebou word waar mense en kinders veilig sal wees teen enige gevaar. As jy deel wil wees van hierdie toekomstige gelowige bedeling vir gekeurders (kinders v YAHWEH Elohim) ; kan my epos stuur by [email protected]

Estelle ·

Ek is moeg om te luister na al die hoekoms en waaroms van agter n skerm. Wit mens sal NOOIT bymekaar staan. Hier is net n voorbeeld wat gese word…..1. EK RAAK NIE BETROKKE……2
.DIS NIE MY PROBLEEM….So kan ek aangegaan tot die son sak. Ek het hoeveel keer het ek nie voorstelle gemaak. Maar val op doowe ore. Julle lees wat julle wil. Sit agter oor as ons as n volk saam staan kan ons mekaar help en beskerm. Maar ek is moeg om met n rekenaar te praat. En ek sak my kop in skaamte dat soveel afrikaaners agteroor sit en verwag STEVE moet jou kom help. Wat het geword van BOER MAAK N PLAN….

AT SMIT ·

Andries Bodenstein: “…en hoe gaan EK dit doen? Met almal se sakke en bydraes” Dan praat jy weer van “ons” in die volgende sin: “Hier teen die Weskus gaan ons goeie plase aankoop…” Dus wil jy met ons geld plase koop en dan nog keuring doen deur jou pseudo-Joodse Jahwehistiese Brits-Joodse Israelwaarheid godsdiens? Nee, hou maar verby hoor. Al wat ek vir jou soort sal stuur is ‘n rekenaarvirus.

Peet J ·

Wat ons ookal sê of doen sal niks aan die plaasaanvalle en moorde verander nie want die huidige toestand het so drasties versleg dat dit onomkeerbaar geword het. Soos ons self bewus van is hou hierdie plaasaanvalle grootliks verband met die regering se grondhervormingsplan wat maar op ‘n moeilike wyse deur die regering geimplimenteer word maar wat nog ver van verwesenliking is.
Sekere uitlatings wat ook deur politici gemaak word laat veel te wense oor en word deur die kriminele as ‘n aanmoediging vertolk om met hulle geweldadige optredes voort te gaan en om hierdie toestand verder te versleg moet daar teen gewaak word dat die leiers van politieke splintergroepe geensins oorweeg word om die huidige president te vervang nie. Die ideale persoon volgens my sienswyse wat die situasie moontlik mag beredder is Nkosazana Dlamini Zuma . Laat ons maar hoop die ekonomie bly satbiel.

JOHAN BESTER ·

Ek moet saamstem ons volk gaan tengronde weens afgods aanbidding SPORT/SONDAG MALL AANBIDDING ENS.Daarom dat God hierdie regering toegelaat het om ons weer op ons kniee te kry.
My innige simpatie vir jou Jurie ,

Tewie Zaaiman ·

Dan van jou soort is daar baie.Jy wat so slim is wat het jy al gedoen behalwe om te kritiseer. Daar wag nog n groot verrassing vir jou ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.