Man vermis in see by Stilbaai

NSRI-spirit-of-st-francis

Argieffoto: NSRI

ʼn 29-jarige man word vermis nadat hy by Stilbaai in die Wes-Kaap deur die see meegesleur is.

Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI), het gesê die man van Albertinia het by Bloukrans geswem toe hy onder die water verdwyn het.

Volgens Lambinon het die NSRI en polisieduikers Sondag onverpoosd na die man gesoek maar sonder sukses. “Polisieduikers en die NSRI sal Maandag die soektog voortsit.”

Die polisie het ʼn saak vir ‘n vermiste persoon geopen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.