Man vermis ná aanval: Liggaam gevind

Roger en Christine Solik.

Roger en Christine Solik.

Roger Solik (66), die man wat vermis was nadat hy en sy vrou aangeval en sy vrou vermoor is, se liggaam is glo gevind.

Volgens berigte is Solik se liggaam Maandagmiddag in dieselfde rivier gevind as waar sy vrou, Christine (57), se liggaam vroeër gevind is. Lt.kol. Thulani Zwane en kapt. Nqobile Gwala, woordvoerders vir die polisie, kon nie vir kommentaar bereik word nie. ʼn Werknemer by die polisie se mediasentrum in KwaZulu-Natal het wel bevestig ʼn liggaam is gevind sowat 2 km van die plek waar Christine se liggaam gevind is.

Maroela Media het vroeër berig die polisie is Vrydag na die Solik-egpaar se huis in die Bend Country Estate op ʼn plaas in die Nottingham Road-omgewing ontbied. Daar is by die huis ingebreek en daar was bloedvlekke. Die Solik-egpaar was nêrens te vind nie.

Christine se liggaam is later die dag ongeveer 70 km van die huis in ʼn rivier gevind met haar hande vasgebind.

Die egpaar se familie het vroeër in ʼn ope brief ʼn beroep op die publiek gedoen om met enige inligting na vore te kom wat kan help om Roger te vind. “Ons ouers was onafskeidbaar en hul verhouding was iets om na te streef. Dit is moeilik om te verstaan hoe daar op hulle gemeenskapslandgoed, met sy golwende heuwels en eindelose natuurskoon en die bure net 100 m weg, iets so gewelddadig kon gebeur. Hou ons asseblief in jul gedagtes en gebede.”

Enigiemand met meer inligting of wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Du Plessis by 083 777 0898, SA CAN by 086 167 2226 of die Nottingham Road-polisiestasie by 033 266 6713 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marie Salzwedel ·

Tronkstraf is nie vir sulke wrede moordenaars n geskikte straf nie……..

Marie Salzwedel ·

TRONKSTRAF IS NIE GENOEG VIR SULKE WREDE MOORDENAARS NIE ….

rudi ·

Nie in ons tronke met selfone, dwelms en wifi nie. Dan kom moordenaars na 10 jaar uit.

Karma ·

@Tom

Tom: “Nog ‘n blanke moord, dankie ANC”
Zuma: “he-he-he-hêêêêê

Jacobus ·

Nog een statistiek by gevoeg. Nog n lekker dag in reënbooglalaland

MissDemeanor ·

Ek hoop hul was nie lewend toe hul in die water gegooo is nie. Verdomp ditnis so wreed en sinneloos. Ek hoop hul vang die skuldiges voor hul weer toeslaan!

Estelle ·

Tragies, tragies en nogmaals tragies. Weereens n sinnelose moord op onskuldige mense. Ek kan dit nie verwerk dat mense op sulke wrede maniere aan hul einde moet kom nie. Wie gee enigeen die reg om in elk geval iemand aan te rand of te vermoor. Die wereld is vol siek mense en dit raak net erger by die dag. My innige meegevoel aan die naasbestaandes van al die mense wat hul lewens verloor het. Jul is in my gebede X

AL ·

Ek is net so moedeloos en magteloos. So gaanZuma net op sy goddelose wee voort!

Melanie ·

Wanneer gaan daar opgetree word teen die wat die sinnelose moorde pleeg teen die boere /blankes .

Andre ·

Rodger is gevind. Hy is ook wreed vermoor. Kom ons bid vir die Solik gesin

casper ·

Hoekom kan lyke en.leidrade so vinnig opgespoor word maar die skukdige selde of ooit. MAROELA MEDIA jme us fantasties maar kan jle dit nie asb aan die wêreld se groot klok hang. Nie. Wat het van al die vredes konfensies geword ??

M ·

Dit is verskriklik tragies, daar gaan ni ‘n dag verby wat daar ni dood betrokke is ni, wanneer gaan daar na ons Afrikaner volk te luister word, ons blankes word di een na di ander uitgemoor ! Ek Kan net sê RIV Roger en Christine en elke persoon wat vermoor is! Ons kan net bid en vra vir ons veiligheid

Theresa B ·

Dit is SO onmenslik ondenkbaar. Hoe verskriklik. Bring terug die doodstraf vir al hierdie sinnelose moorde. Is daar wragtig niemand wat iets kan doen aan hierdie wetteloosheid nie!!!

Boland ·

Eendag sal daar in die geskiedenis opgeskryf staan hoe die eens onderdrukte ANC die boere vermoor het.

Magda ·

Wat ek nie verstaan van ons reg stelsel nie – die mense wat in die tronke is kry die volgende “gratis” verblyf / kos / medies / studies – maar die mense wat wil verder leer kry nie die volgende nie – GEEN gratis verblyf / GEEN gratis skool / GEEN gratis medies / GEEN gratis kos – nou wie wordin SA beskerm????

andrea van vuren ·

Dis hoekom die misdaadsyfer so hoog is. Buite die tronkdeure is hulle arm en werkloos maar binne die tronk betaal ons belastingbetalers vir hul verblyf, medies, kos en veiligheid! Siek man siek!

Henning ·

Ons moet op ons knee gaan en vra om vergifnis en om God se hulp. Dan moet ons opstaan en terug baklei. Ons is min. Maar vir God is niks onmoontlik. Hy sal ons help soos vir Gideon in Rigters 6. En vir Dawid. En vir Simson. Kom ons glo dit en staan op. Ons het dit in ons om in een dag n groot verskil te maak.

Pierre ·

oompie zumpie ken geen ding van “bloed op sy hande van moorde” al bloed op sy hande is van die geld wat deur sy fingers gly…. ons geld!

A ·

Elke dag is daar op Maroela se blad, sowel as ander nuusblaaie, berigte van misdaad en wrede aanvalle. Dit is werklik kommerwekkend en ek het baie begrip vir almal wat van mening is daar word nie genoeg gedoen om hierdie skrikwekkende toename in geweldsmisdade te voorkom nie. Ek is ongelukkig een van die persone in ‘n beroep waar ons ons bes probeer om ‘n verskil te maak. As aanklaer kry ek daagliks met hierdie tipe misdade en soms erger te doen. Dit is nie ‘n maklike taak nie. Daar is soveel mense in hierdie beroep vir wie dit nie net nog ‘n saak is nie en poog ons elke dag om hierdie misdadigers aan die pen te laat ry.
Die punt wat ek wil maak is dit. Daar is soveel berigte oor die pleging van hierdie afgryslike misdrywe maar daar word selde of ooit aan die publiek terugvoer gegee wanneer so saak uiteindelik suksesvol vervolg is en die skuldiges behoorlik gestraf is. Dit is nie net Maroela wat nie deurgaans terugvoer gee oor elke misdaad geval nie, maar in die Wes-Kaap is dit dieselfde. Soms gaan ons harde werk ongesiens verby en maak dit nie aan ons ‘n verskil as dit nie gepubliseer word nie. Dit is die publiek se opinie idat hierdie misdadigers nooit vervolg of gestraf word nie en doen ek ‘n beroep dat meer berigte van suksesvolle vervolgings geplaas word.

Ella ·

Ek het die idee NIKS gebeur met hulle nie, dit is hoekom niks berig word nie. Hulle word of NOOIT gevang nie, of hulle word stil stil vrygelaat, daar is niemand wat toyi toyi buite die howe nie, die regter en aanklaer is hulle goedgesind, of polisie laat verdwyn die docket so stil stil … Daar kom niks daarvan nie, dit is hoekom jy so baie vind dat wanneer hulle die plaasmoordenaars opspoor hulle REEDS vir ‘n ander verkragting of moord aangekeer is maar LOSGEKOM het. Dit is wat ons regstelsel werd is tans. Die Doodskismanne word dopgehou asook die Jagongeluk ou, maar die plaasmoordenaars verdwyn so stil stil terug mosambiek of zim toe, of join die skare met die rooi Tshirts.

Genade ·

Die dame in die DULLSTROOM plaasaanval SUE is ook oorlede. Dink asb ook aan haar familie in hierdie donker tyd. Witmense word afgemaai terwyl kabeldiewe in doodskiste en mieliediewe en hulle vriende beskerm word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.