Man vermis ná plaasaanval: ‘Ons raak elke uur meer desperaat’

Roger en Christine Solik.

Roger en Christine Solik.

Byna 72 uur nadat Roger (66) en Christine (57) Solik op ʼn plaas in die Nottingham Road-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval en Christine vermoor is, word Roger steeds vermis.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat die soektog na Roger steeds voortgaan. Daar is ook nog niemand in verband met die gru-aanval in hegtenis geneem nie.

Brian Jones, uitvoerende hoof van SA Community Action Network, wat ten nouste by die soektog na Roger betrokke is, het gesê dat elke moontlike hulpbron ingespan word om hom te vind.

“Met elke uur wat verbygaan, raak ons al meer desperaat om hom te vind. Daar is nie ʼn hulpbron daar buite wat nie ingespan word om Roger te vind nie. Die polisie, die Valke, die polisie se honde-eenheid, lede van die gemeenskap, soek-en-reddingseenhede, almal moontlik is betrokke. Ons moet hom dringend opspoor,” het Jones gesê.

Maroela Media het vroeër berig dat die polisie Vrydag na die Solik-egpaar se huis in die Bend Country Estate ontbied is. Volgens Zwane is daar by die huis ingebreek en is bloedvlekke in die huis opgemerk. Die Solik-egpaar was nêrens te vind nie.

Christine se liggaam is later die dag ongeveer 70 km vanaf die huis in die Inzinga-rivier gevind met haar hande vasgebind.

Jones het gesê Roger ly al die afgelope 20 jaar aan Parkinson se siekte en raak sonder sy medikasie disfunksioneel. “Hy sal binne 48 uur sonder medikasie heeltemal disfunksioneel raak in die sin dat hy nie meer sal kan praat of kan loop nie. Dit beteken hoewel hy sy liggaam nie kan gebruik nie, sal hy steeds by sy volle positiewe wees,” het hy verduidelik.

“Indien [die aanvallers] hom dus vasgemaak en lewend êrens in ʼn veld of tussen bosse afgelaai het, mag hy dalk daar lê, heeltemal bewus van wat gebeur het en wat om hom aangaan, maar nie in staat om hulp te gaan soek of selfs net om hulp te roep nie.” Hy het gesê die reusegebied wat gefynkam moet word, bemoeilik die soektog nog verder.

Die egpaar se familie het intussen in ʼn ope brief ʼn beroep op mense gedoen om met enige inligting na vore te kom wat kan help om Roger te vind. “Ons ouers was onafskeidbaar en hul verhouding was iets om na te streef. Dit is moeilik om te verstaan hoe daar op hulle gemeenskapslandgoed, met sy golwende heuwels en eindelose natuurskoon en die bure net 100 m weg, iets so gewelddadig kon gebeur. Hou ons asseblief in jul gedagtes en gebede.”

Enigiemand met meer inligting of wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan, word versoek om ao. Du Plessis by 083 777 0898, SA CAN by 086 167 2226 of die Nottingham Road-polisiestasie by 033 266 6713 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

T ·

Dit is verskriklik! Ek hoop en bid hulle vind hom. Hierdie aanvalle en moorde raak net erger.

MissDemeanor ·

Afgryslik. Ek hoop die man word lewend gevind en dat hy sal herstel ( soveel as mens kan na so iets…)

Griki ·

Ek twyfel of hy ooit sal herstel. Hulle was verskriklik geheg aan mekaar en hy het waarskynlik gesien hoe sy vermoor word.

Balkie ·

Weet niemand dan hoe erg dit werklik gaan nie? Hoe gaan mens voort met jou lewe terwyl daar soveel verwoesting om ons is? Here Onse Here, gee wysheid, gee krag, gee leiding. Wragtig is ek ook vies vir Afriforum. Neeee eeee

Willie ·

Dis omtent al boer n dag in Februarie… Hoe begin n mense n daadwerklikke aksie vir die wereld om te sien….?

Potgieter ·

Die wereld gaan ons nie help nie. Ons gaan ons self moet help.

Jane ·

Hierdie aanvallers op blanke plaasboere is gewetenloos en wreed, hulle het nie ‘n saak met mense in rolstoele, gestremdes, siekes of oumense nie, dit is juis die sagte teikens wat hulle een na die ander aanval, en die REGERING SWYG!! SKokkend, hoop regtig hy word lewend gevind. Sterkte aan sy familie en vriende, mag die Here julle vertroosting gee, want mense sal nooit kan nie.

Winston ·

Mense sien nog net die punte van die seekoei se ore en hoop dit sal beter gaan. Dit raak al erger en ons moet te alle tye paraat wees. Tragies van hierdie twee mense en die talle wat reeds vermoor is. Dit is beplande moorde en aanvalle verbloem deur vals motiewe soos roof, huisbraak, diefstal wat deur die regering onderstreep word as misdaad. Lankal nie meer nie.

Ek stem ·

Moet se ek het ook myself in ‘n krul gewip daarvoor. Ek is ‘n lid van Afriforum en ek betaal al baie jare ledefooie, en ek ondersteun wat hulle doen tot ek gister gesien het hulle gaan hulle HULP aanbied by Nkandla. Hulle gebruik ONS ledegelde om mense wat die blankes haat en Afrikaans haat, en ons wil afslag en doodmaak en vernietig te help? Hulle se hulle sal REGSAKSIE help inwin??? Hoekom vra hulle nie vir ZUMA vir wie hulle gestem het nie, hy bly mos ook op NKANDLA, maar nee die slegte witman moet weer help. Die Colonialists se GELD en HULP is goed, net nie sy taal nie!

Karma ·

@Ek stem – ek moes nou glimlag oor jou uitdrukking “Ek het my nou in ‘n krul gewip”, maar ek dink dit is wat ek ook gedoen het – my in ‘n krul gewip oor die blatante volksverraaiing van Afriforum om mense in Nkandla te gaan help, terwyl dié mense wat hulle ondersteun en finansieël tot die organisasie bydra, soos vlieë doodgemaak word.

Pleks hul stig ‘n fonds of begin skare-finansieringswebtuiste om geld in te samel vir diegene wat die stof van hierdie land wil afskud, maar nie die geld het vir hervestiging nie. Ek sal môre Nieu-Seeland of Australië toe emigreer as ek kan (ek moet net my honde en katte mag saamneem)! Afriforum versaak die mense vir wie hulle sg. ‘staan’ – wat her die mense in Nkandla vir Afriforum gedoen? Laat Nkandla se mense vir Zuma en die ANC gaan hulp vra.

Intussen, hoop ek dat die oom gekry sal word – soos die tyd aanloop, egter, dink ek dat die kanse dat hy nog leef, maar skraal is. Sterkte aan die familie!

Erick ·

Hou op om Suid-Afrika te probeer maak werk. Dit is verby. Verlaat die Goddelose plek of sterf.

rafel ·

As ek kon het ek die land verlaat. Sommer more. Ongelukkig kan ek dit nie bekostig nie.

Koos ·

Ja ek het padgegee; my gesin ook saam met my. Nou wil my vrou net terug SA toe. Hoekom? Omdat dinge “makliker” was daar. Mooi huis, karre ens ens. Ek gaan nie terug nie jammer. Sy moet my kinders by my los; dis immers vir hulle wat ons hier is

Jean ·

Ek stem saam, as jy nou nog nie die tekens sien nie, sal jy nooit nie. Dis net nie vir almal beskore om te trek nie, ja ons gaan ook probeer, maar daar is geen waarborge dat ‘n ander land jou inneem nie, veral nie na ouderdom 50 nie. Ons moet egter probeer, mens kan nie net stilsit tot jou hele familie uitgewis is nie. SUID AFRIKA gaan nooit vir MINDERHEDE werk nie, dis soos Zim en Mosambiek en al die ander Afrika lande, godverlate!

johan ·

Soos Eugene Terreblanche dit gestel het”Hierdie droewige en Godverlate mooi land”

toy ·

Ons lewe beteken net mooi niks vir die wat ons so uitmoor nie, net mooi niks. Ek dink hulle het ook geen respek vir hulle self nie. Wat gaan van Suid-Afrika word?

tokkie ·

Ons ook – kan ook nie gaan nie. Hoop en bid maar net elke dag. Dit is ‘n godelose land. Sluit ons na werk toe in jou huis en hoop jy word more oggend wakker. Verkoop kan ons ook nie. Niemand wil meer buite die dorp bly nie. Te gevaarlik.

kietsie ·

Dis regtig siek verby. Hierdie mooi mense en kyk wat het gebeur met hulle. Nee, die satan
is mos los en siek en aaklike dinge gebeur. Een dag na een dag aanmekaar. Mag die Here ons help…………..chaos in hierdie land van ons. Maar die wraak kom God toe….en vreeslik om te val
in die hande van die Lewende God Almagtig!!!!!!!

tokkie ·

Ons kan ook nie gaan nie. Niemand wi jou plek koop. Wie wil nog in elk geval buite die dorp bly. Sluit ons maar toe na werk en hoop jy word wakker die volgende oggend. Ons kan maar net bid vir die land

Bosveldg ·

Ek is ook lid vanAfriforum en moet sê ek bekommer my ook omdat daar nie n groter geveg opgesit word op meer platvorms nie. Die manne in die parlement is net daar om die stoele warm te hou, hulle kry nie iets gedoen nie. Ons is leierloos en almal veg om ekonomiese oorlewing, die loopbaan politici het nog altyd ons saak beveg, nou gebeur daar niks en hierdie is verby kritiek. Afriforum kan sekerlik meer met lede kommunikeer en inlig wat hulle hieroor doen en gaan doen !

meraai ·

Koos, as ek mag vra, waar bly julle dan nou?
Ek bly in nederland, julle is altyd welkom vir n koffietjie met melktert?

Karma ·

@Meraai, ai nee alla wêreld, dit is darem te koud daar by julle! Sneeu op sneeu op sneeu ….. Brrrrrrrrrr!!!!!!!!!!!

At ·

Dit is duidelik dat die regerende party dinge so moeilik as moontlik vir blanke burgers wil en sal maak. Vernietig alles…hul taal, kultuur, godsdiens, onderrig, kans op werk en laastens ook hul lewens. Ongelukkig is daar stiksiennige blankes wat soos dooie visse saam met die stroom wil vloei en eerder ander wittes wil laat glo dat hul vrese en denkwyses verkeerd is. Hul vind dit ongelooflik gesellig hier te lande. Die aanslag kom van oral. Ons versaak ons ou mense en kinders deur NIKS te doen nie. Om vir ‘n patetiese opposisie te stem, bring ons ook nerens nie. Al logiese opsie is eintlik om die land te verlaat, maar dit is min beskore. Ons gaan derde graadse burgers word nes die blankes in Zimbabwe.

Piet ·

Hallo At, ek het jou stukkie waarheid gelees en vind dit tog jammer dat jy reg is. Die probleem is dat die aanslag teen blankes, en veral as jy ‘n christen is, vind mens nou oral. In Amerika word blankes ook blammeer vir die onbevoegdhede van ander nasies en reg oor die wereld is daar diegene (blankes) wat se “dis ons skuld dat julle self so pateties is”. Dis ‘n verskeinsel wat ek nooit sal verstaan nie.

voortrekker ·

Willie, ek het al als geprobeer, verskillende plekke geskakel, selfs steve hofmeyer, orals, ek is op soek na koerantknipsels van al die moorde, asook die film
treurgrond, vir maande nou al vra ek daarvoor, en ek het al eens op n tyd geskryf, dit lyk vir my niemand wil gehelp word nie, niemand stuur iets aan nie, magtig man, hier sit ek ma van ses kinders, my man en oudste seun is begrawe op [pretoria oos begraafplaas} ek wil ook baie graag terug net soos koos hierbo se vrou, ek kan haar so goed verstaan, maar nie as dit so aangaan nie, stuur vir my toch alles aan, ek kan dit hier wyd versprei, en glo my, ek gaaan defnitief!!!!!

JC ·

Kom aan Suid Afrikaners. Ons in nie n slapgat nasie nie. Julle het mos guts soos die voortrekkers gehad het. Maar hierdie keer en die tye waarin ons leef, besit die native people (ek gebruik n skoon woord)massas die land. Beweeg. Kry vir jou n vlug kaartjie en kom hou vakansie oorsee. Kry iemand om jou in te sponsor. Soek werk. Dit is so maklik. Niemand kan vir my se, dis te moeilik of het nie geld nie of of…. ons het met niks ge emigreer en ek is in gesponsor. Vandag kyk ons nooit weer terug nie. SA is leierloos. Geen SA kaner sal kan opstaan nie.Die massas is te groot. Moet nie droom nie. Miskien sal hierdie nie geplaas word nie. Ek motiveer maar net my mede SA kaners.

Rox ·

JC jy laat dit so eenvoudig klink. Ongelukkig is ons nie meer jongmense wat net kan pak en die land verlaat nie. Jy moet ook genoeg geld bymekaar maak. Indien my enigste kind wil land verlaat sal ek haar nie keer nie. Ek begin my eie land haat oor al die onnodige moorde wat daagliks plaasvind.

bedroefde ouer ·

Ons Land bloei, dit is soos die slag van Bloedrivier, vroues, mans ons kinders se bloed vloei en so rustig slaap ons hele ‘honourable ‘ kabinet ! (het ons enigste seun verloor, ons sal nooit ophou treur nie, ons regstelsel is korrup !!!)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.