Man vermis wat in water by Kalkbaai verdwyn

Een van die NSRI se bekende pienk boeie. (Foto: NSRI/Facebook)

Daar was teen Sondagaand steeds geen teken nie van ʼn 32-jarige man wat onder die water by Kalkbaai verdwyn het nadat hy sowat 30 meter van die strand van ʼn roei-ski afgeval het.

Darren Zimmerman, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) by Simonstad, sê die voorval het Sondag omstreeks 14:20 naby die Harbour House-restaurant plaasgevind.

Ooggetuies het gesien hoe die man onder die water verdwyn en het hulp ontbied.

Volgens Zimmerman was twee omstanders, een van hulle gewapen met een van die NSRI se pienk reddingsboeie, reeds in die water om die man te probeer help toe bemanningslede van die NSRI op die toneel aangekom het.

“ʼn Uitgebreide soektog uit die lug, ter see en op die strand is van stapel gestapel gestuur,” sê Zimmerman.

“Ten spyte van die omvattende soektog is geen teken van die vermiste man gevind nie.”

Ook skubaduikers van die polisie se pogings om die vermiste man te help opspoor, was onsuksesvol.

“Hoewel die vermiste man se familie nog nie opgespoor is nie, is hy vermoedelik ʼn inwoner van Kalkbaai en is hy bekend aan plaaslike inwoners,” sê Zimmerman.

Die polisie het intussen met ʼn ondersoek na die man se verdwyning begin.

Die NSRI het ook die twee mans wat aanvanklik die roeier te hulp probeer snel het, vir hul pogings geloof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Belinda ·

is weird dat die familie hom dan nog nie eens as vermis aangemeld het nie, want dan sou hul mos geweet het wat gebeur het? en hoe weet hulle wie die persoon is wat vermis is?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.