Man vermoor baba glo ná rusie met meisie

Argieffoto

ʼn Vier maande oue baba van Dinokana in Noordwes is na bewering Woensdag deur sy pa vermoor.

Die polisie in dié provinsie het Donderdag gesê hy veroordeel die voorval.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, sê nooddienste het die polisie Woensdag na die toneel ontbied.

Volgens Makau het die ma van die baba in haar verklaring gesê sy en haar kêrel, glo die pa van die baba, het ʼn uitval by sy huis gehad. Omdat hy gewelddadig geraak het, het sy glo hulp by die bure gaan soek en die baba tuis by hom gelos.

“Toe sy dieselfde aand weer by die huis kom, het sy gesien die baba is aangerand en hy het kneusplekke op sy gesig gehad,” sê sy.

Volgens die verklaring het die pa die baba weer Woensdagoggend aangerand. Hy is dié keer dood.

“Toe hy sien die baba is dood, het hy haar beveel om terug te keer na haar werkplek op Willowpark-plaas in Noordwes. Die nooddienste is gebel, maar die baba is op die toneel dood verklaar.”

Die man is in hegtenis geneem en sal na verwagting Vrydag in die Lehurutshe-landdroshof op aanklag van moord verskyn.

Lt.genl. Baile Motswenyane, povinsiale polisiekommissaris in Noordwes, sê die polisie betreur dié voorval wat enkele dae voor die aanvang van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders plaasgevind het.

Motswenyane het lede van die gemeenskap aangemoedig om hul verskille op ʼn vreedsame wyse op te los eerder as om geweld te gebruik wat dikwels lei tot gevalle soos dié.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Skerpioen ·

Nog n bang gat ma wat so bang is en na die bure toe vlug maar dan haar weerlose baba los on die sorg van die persoon vir wie sy bang is. Ek verstaan dit glad nie.

M ·

Die ma moet ook verantwoordelik gehou word, child endangerment.. hoe los jy jou kind by n geweldadige persoon.. as ma sal mens dink jy sit jou kind se veilgheid voor jou eie.. rus sag klein lyfie niemand kan jou weer seer maak nie.. veilig in Jesus se arms

Lana ·

Ek is stomgeslaan. So bitter jammer vir die weerlose kinders.

kat ·

Die kinders is net daar vir die “grant” – vir niks anders nie. Geen gevoel nie – niks.

Madelein ·

Kommerwekkend wat aan ons kinders gedoen word, en die enigste persoon wat hulle kan en moet beskerm faal 100% daarin!! Breuk my moeder hart om al die berigte telees. Sluit die sogenaamde ouers albei toe en gooi die sleutels weg! Geen kind verdien so lewe nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.