Man vermoor glo drie ander oor stamleierskap

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

ʼn Man wat glo drie mense doodgeskiet het nadat hulle ʼn petisie wou oorhandig om hom van tradisionele leierskap te weerhou, sal Woensdag in die Eerstehoek-landdroshof verskyn.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder vir die polisie in Mpumalanga, het gesê die drie oorledenes was deel van ʼn groep afgevaardigdes van die Aarhemburg-gemeenskap in Elukwatini wat na die Embhuleni-stamowerheid gegaan het om ʼn petisie namens die gemeenskap te oorhandig. Die petisie het glo versoek dat die man nie tot ‘n tradisionele leier verkies moet word nie.

“Daar word beweer dat die man teen wie die petisie opgetrek is, hulle konfronteer het toe hulle by die stamowerheid opgedaag het. Hy het hulle glo gedreig en gesê hy hoop nie die petisie het enigiets moet hom te doen nie,” het Mohlala gesê. “Hulle het hom geïgnoreer en die petisie aan die sekretaresse van die stamowerheid oorhandig, maar die man het dit gegryp en in stukke geskeur.”

Die afgevaardigdes het besluit om na die plaaslike polisiestasie te gaan om hulle te vra om tussenbeide te tree. Terwyl hulle weggestap het, het die man ʼn vuurwapen uitgepluk en skote op hulle afgevuur. “Van die inwoners het weggehardloop, maar Jabulani Nkosi (45), David Mkhaliphi (46) en Themba Nkosi (43) is op die toneel dood,” het Mohlala gesê.

Die 40-jarige man het homself aan die polisie oorgegee met die vuurwapen wat tydens die voorval gebruik is. Hy staan tereg op drie aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Christie Joubert ·

Konfronteer, skeur op, minag en maak dood wat in jou pad staan. Klink al te veel na n zuma streek…he-he

Christo Visagie ·

Ek wonder hoekom het die witmense soooooooooo teen swart mense gediskrimineer deur hulle nie toe te laat om wapens te besit nie,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,ai ons wittes was darem baie lelik teenoor hulle,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.