Man vermoor glo drie familielede

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Sandile Vaaibooi (34) het vlugtig in die Barkly-Wes-landdroshof verskyn op drie aanklagte van moord.

Mojalefa Senokoatsane, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Vaaibooi word daarvan verdink dat hy op 18 Maart 2022 die huis van sy oom, Patrick Vaaibooi en Angelina Kgatlane, met dwang betree het. “Die beskuldigde het glo die egpaar aangeval en vermoor. Hy het daarna na ʼn familielid aan die ander kant van die dorp gegaan, ʼn polisiebeampte, en hom ook aangeval. Die polisiebeampte het ernstige beserings opgedoen en het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Vaaibooi het glo die eiendomme geplunder en voertuie beskadig ná hy sy vermeende slagoffers aangeval het.

“Hy is later deur die polisie in Barkly-Wes in hegtenis geneem. Buiten die drie aanklagte van moord staan hy ook tereg op aanklag van opsetlike saakbeskadiging.”

Die saak is tot 23 Mei 2022 uitgestel. Hy bly in aanhouding. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.