Speurders van Port Alfred in die Oos-Kaap het die gemeenskap se hulp gevra om ʼn verdagte wat gesoek word vir die moord op sy eksmeisie en poging tot moord op sy negejarige seun op te spoor.
Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn lasbrief is vir die inhegtenisneming van Eric Meyers met die skuilnaam “Ntroko” uitgereik.
Meyers het glo sy eksmeisie 7 Oktober verskeie kere in die bolyf gesteek en ook gedreig om sy negejarige seun en homself te vermoor.
“Die seun bly nou by ʼn familielid wat ook beseer is in die traumatiese voorval,” het Govender gesê.
Al die polisie se pogings om die man op te spoor was tot dusver onsuksesvol. “Gerugte in die gemeenskap lui dat hy selfmoord gepleeg het, maar die owerhede het nog nie dié inligting ontvang nie,” het Govender gesê.
Meyers moet as gevaarlik beskou word en kan moontlik met messe gewapen wees. Hy is ongeveer 1,85 m lank, ongeveer 45 jaar oud, het ʼn ligte vel en is slank gebou.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan Stop Misdaad by 0860 010 111 of die ondersoekbeampte, konst. John Groep, by 078 705 9840 bel.
wat ‘n vlak verskoning van die gemeenskap dat hy selfmoord gepleeg het
iewers kruip hy weg, versteek hulle hom sodat hy nie vervolg kan word nie
vra maar sy familie
“Sometimes the things in our heads are far worse,
Than anything they could put in books or on film.
– C.K Webb
“Is evil something you are?
Or is it something you do ?
– Brett Easton Ellis, American Psycho
“Son, the greatest trick
the Devil pulled
was convincing the world
there was only one of him.”
– David Wong, John dies at the end.