Man vermoor glo jonger broer

polisie-huisroof-crime

(Argieffoto: SA Polisie)

’n Jong man van Limpopo verskyn vandag (Vrydag) in die hof op aanklagte van moord nadat hy na bewering vroeër vandeesweek sy 12-jarige boetie met ’n skerp voorwerp doodgesteek het.

Die voorval het Woensdagaand by die twee broers se huis in Mapela buite Mokopane (Potgietersrus) plaasgevind.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê in ’n verklaring die broers het glo oor ’n huissleutel baklei waarna die ouer broer (20) sy jonger boetie met ʼn skerp voorwerp gesteek het. Hy is op die toneel dood waarna die verdagte homself aan die polisie oorgegee het.

Volgens Mojapelo het die polisie die huis besoek waar hulle die kind in ’n plas bloed aangetref het. Die oorledene was ’n graad 7-leerder aan die Sebiloane Primary School.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale polisiekommissaris, het die voorval ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

TRP ·

Genade as hy dit aan sy boetie doen oor ‘n sleutel, watter groter gevaar is hy nie vir die samelewing nie? Beter hy het homself oorgegee, hy moet die daglig buit ‘n tronk nooit weer sien nie.

Anoniem ·

Dit is wat hulle van ‘n lewe dink, absoluut niks. Ek kan ongelukkig nie werklik sê wat ek dink nie.

My Mening ·

Dis regtig asof baie mense net eenvoudig nie beheer oor hul emosies kan uitoefen nie. Dis regtig jammer, klink asof ‘n lewe ook niks meer werd is nie, dit gaan alles oor die “eie ek”.

Bella ·

dit is SIEK SIEK SIEK verby! hoekom gaan dit so, hoekom lees ons van so baie sinnelose moorde waar mense so uit hulle emosies uit function dat dit daar nie eers mee ‘n oog geknip word om iemand te vermoor as jy kwaad voel nie. my hart huil vir hierdie wereld!

wilhelm ·

Ai nee jou eie boetie oor n sleutel agnee waar gaan die wereld dat mense soveel haat het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.