Man vermoor glo ouma met byl

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man sal Dinsdag in die Giyani-landdroshof in Limpopo verskyn nadat hy glo sy 83-jarige ouma met ʼn byl vermoor het.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, sê die 29-jarige beweer sy ouma het sy ma getoor. Die man se 52-jarige ma is verlede week na ʼn kort siekbed oorlede.

Haar begrafnis is Saterdag in Mshiyani gehou. “Na die begrafnis het die man sy ouma daarvan beskuldig dat sy verantwoordelik is vir sy ma se dood waarna hy haar aangeval het,” sê Otto.

Die ouma is op die toneel dood verklaar. Die man het gevlug maar is kort na die voorval in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Hulle is gepla met toordery en heksery en toordokters.

En dan ook die voorvaders. Dis eintlik ‘scary’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.