Man vermoor glo polisievrou, pleeg selfmoord

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Mpumalanga-polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek, nadat ʼn man glo sy vriendin, ʼn konstabel verbonde aan die Lydenburg-polisiestasie, vermoor en toe selfmoord gepleeg het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die konstabel, KG Mashila, is Donderdagaand by haar huis in Mashishing vermoor.

“Mashila het 18:00 van diens af gegaan en is huis toe. Haar bure het later ʼn geraas in haar huis gehoor en gaan ondersoek instel. Toe hulle daar aankom, het hulle haar in ʼn plas bloed gevind,” het Hlathi gesê.

Hy het gesê Mashila se keel is met ʼn mes afgesny. Sy is op die toneel dood verklaar. Die man het glo van die toneel gevlug en homself aan ʼn boom opgehang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Mauritz ·

Hier is nie ‘n vuurwapen betrokke nie. Die vrou se keel is met ‘n mes afgesny en die man het homself opgehang.

Cherokee ·

Mens? Daar behoort perke te wees vir wat ons onder homo sapiens klasifiseer.

KarooKlong ·

Vlymskerp Cherokee.
Dit is die waarste woorde wat nog uit deben gekom het.

Anemi ·

Ondersoek ‘n saak van moord: ma die moordenaar het self moord gepleeg…. omw… wie word nou verhoor vir die moord…. maak nie sin nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.