Die Mpumalanga-polisie ondersoek ʼn saak van moord en doen ʼn geregtelike doodsondersoek, nadat ʼn man glo sy vriendin, ʼn konstabel verbonde aan die Lydenburg-polisiestasie, vermoor en toe selfmoord gepleeg het.
Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die konstabel, KG Mashila, is Donderdagaand by haar huis in Mashishing vermoor.
“Mashila het 18:00 van diens af gegaan en is huis toe. Haar bure het later ʼn geraas in haar huis gehoor en gaan ondersoek instel. Toe hulle daar aankom, het hulle haar in ʼn plas bloed gevind,” het Hlathi gesê.
Hy het gesê Mashila se keel is met ʼn mes afgesny. Sy is op die toneel dood verklaar. Die man het glo van die toneel gevlug en homself aan ʼn boom opgehang.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
6 Kommentare
Hier is nie ‘n vuurwapen betrokke nie. Die vrou se keel is met ‘n mes afgesny en die man het homself opgehang.
Kan n mens so barbaars optree?
Simpatie met die familie van die SAPD lid.
Ondersoek ‘n saak van moord: ma die moordenaar het self moord gepleeg…. omw… wie word nou verhoor vir die moord…. maak nie sin nie