Man vermoor glo sy vriendin

Argieffoto

Argieffoto

‘n 32-jarige vrou is dood nadat sy glo deur haar kêrel met ‘n mes gesteek is in Jabulani, Soweto.

Ao. Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, sê die man het glo sy meisie verskeie kere met ‘n mes gesteek voor hy haar in ‘n woonstel toegesluit het.

“Die man het toe glo haar vriendin geskakel en aan haar gesê dat hy sy meisie vermoor het.” Makhubela sê die man is glo ‘n werknemer by Jozi FM.

Volgens Makhubela het die man glo aan ‘n vriend gesê hy gaan na Botswana vlug. Die polisie ondersoek die saak en niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.