Man vermoor glo vriendin, pleeg selfmoord

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Noordwes het glo sy vriendin verwurg voordat hy selfmoord gepleeg het.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 33-jarige het glo Maandag sy 28-jarige vriendin by sy ouerhuis in Maboloka buite Brits verwurg. Volgens Talane het die man toe glo na die huis langsaan, wat leeg staan, gegaan en homself opgehang.

Talane het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord en dat ʼn geregtelike doodsondersoek geopen is. Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Mense wat dit doen na hul “crime comit” is lafards….

Hannelie ·

“Polisie ondersoek ‘n saak van moord”…… hoe verklaar jy dit? Sy is dood en hy? Wie gaan hul aankla, net ‘n vraag! Moenie tyd mors op sinnelose goed nie, ondersoek eerder goed wat saakmaak, soos moord waar die moordenaars nog leef!!!

Leeutjie ·

Hannelie ek het self gewonder of hulle nou die man wat hom self gehang het gaan hof toe sleep? O my goeiste!

Antonie willem van den berg ·

En nou vergeet ons van die polisie in die nag eindeloos swart vrouens vir hulle passe gejag het. So kriminele polisie is niks nuut in sa nie

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.