Man vermoor glo vriendin voor hy selfmoord pleeg

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Man het glo sy vriendin vermoor en haar ma verskeie kere met ʼn mes gesteek voor hy na bewering selfmoord gepleeg het.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in Seshego, Polokwane, ondersoek sake van moord en poging tot moord en het ʼn geregtelike doodsondersoek begin.

“Die 41-jarige man is omstreeks 21:30 Saterdag na sy vriendin se ouerhuis. Hy het glo die deur afgebreek voor hy sy vriendin met ʼn mes doodgesteek het. Hy het ook hierna sy vriendin se ma met die mes aangeval voor hy van die toneel gevlug het.”

Volgens Ngoepe is die 30-jarige vrou se liggaam in ʼn plas bloed aangetref in haar slaapkamer. Die ma is na ʼn hospitaal gehaas vir behandeling. “Die polisie het onmiddellik na die verdagte begin soek. Sy lyk is Sondagoggend vroeg gevind waar dit in ʼn huis naby die toneel gehang het.

Ngoepe het gesê die polisie se ondersoek sal ook bepaal of die man homself gehang het en of hy vermoor is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fred Malan ·

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord. Wat ‘n belaglike mors van tyd en geld. Wie gaan vervolg word as die skuldige dan ook dood is? Sy dood word skynbaar nou ook ondersoek, maar gemartelde en vermoorde boere se dood word nooit behoorlik ondersoek nie. Wat ‘n skandelike gebrek aan prioriteit openbaar die polisie nie! Die SAPD is deesdae ‘n grap, net soos die ANC regering. Mense, die buiteland lag vir ons. Soms is ek skaam om te erken ek is ‘n Suid-Afrikaner.

Theresa B ·

Ek stem saam met jou Fred. Hierdie spul voel ‘n veer vir ons mense en veral vir die boere.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.