Man vermoor glo vrou, neem eie lewe

Die huis waar die voorval plaasgevind het. Foto: Rusa

ʼn Pa het na bewering sy vrou voor hul kinders doodgeskiet voor hy sy eie lewe geneem het in Durban, KwaZulu-Natal.

Lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek word gedoen nadat die liggame van ʼn man en ʼn vrou met kopwonde in hul huis aangetref is. Volgens Zwane is daar op ʼn 9 mm-pistool beslag gelê wat langs die liggame gevind is.

Die privaat nooddienstemaatskappy Reaction Unit South Africa (Rusa) het gesê die voorval het by ʼn huis in Fanpalm Gardens in Palmview plaasgevind.

Volgens Rusa het hulle omstreeks 21:00 oproepe van talle inwoners van die gebied gekry dat daar geweerskote by die eiendom afgevuur is.

Met hul aankoms op die toneel is die vrou se liggaam in ʼn plas bloed in die kombuis aangetref. Die man se liggaam is in die gang gevind.

Volgens Rusa was die egpaar glo in ʼn rusie betrokke voor die man sy vrou doodgeskiet en toe sy eie lewe geneem het. “Die voorval het in die teenwoordigheid van die egpaar se twee kinders plaasgevind, maar hulle is nie tydens die skietery beseer nie.”

Die voorval volg ná verlede week se gesinstragedie in Montclair, Durban, waar ʼn man glo sy vrou en drie kinders doodgeskiet het voor hy sy eie lewe geneem het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

ONNODIG ·

Ai dit is so tragies. Die arme arme kinders… Kan grootmense nie net hul verskille uitsorteer of dan skei, waarom moord?

Cherokee ·

In albei gevalle was die volgorde verkeerd. Moes eers homself geskiet het.

LD ·

Wat gaan aan met die mense!!! En dit voor die kinders? In die ander geval is die kinders sommer betrek en ook om die lewe gebring..? Packham wat glo ook sy vrou vermoor het…. Die duiwel is los! Pleks grootmense sorteer hulle dinge uit soos grootmense en skei eerder as dit moet maar waarom, WAAROM die arme kinders straf vir dinge wat hulle net nie kan verstaan of deel het van nie! So bitter hartseer! 3 kinders se jong lewens kort geknip, die kinders van hierdie storie se lewens vir altyd maar altyd onheroeplik verwoes, en die Packham storie se kinders moederloos gelaat! Hartseer so baie baie hartseer!

Skerpioen ·

Die duiwel loop brullend soos n honger leeu in die strate… opsoek na enige iets om te verskeur en te verslind. Die einde van hierdie wêreld is hier. Nie net in SA maar die hele wêreld.

Rina Kotze ·

Ai die arme kinders wat nou sonder ouers moet grootword, en wat nog die trauma moet verwerk!

Ek hoop regtig daar is iemand wat hulle kan help?

Mag ons Vader hulle dra deur hierdie donker tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.