Man vermoor ná hy van rowers vlug

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Woensdagaand deur rowers vermoor nadat hulle hom en sy vrou beroof het.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 35-jarige man en sy vrou het omstreeks 19:00 in Noordkusweg in Durban gestap toe twee mans hulle genader en hul besittings geëis het.

Volgens Kyle van Reenen, woordvoerder vir Marshall Security, het die man saam met sy vrou na ‘n busstop gestap. “Die man het met sy vrou se handsak probeer vlug in ʼn poging om te verhoed dat hul besittings gesteel word. Die rowers het hom egter agternagesit en die drie het in ʼn geveg betrokke geraak in ʼn nabygeleë stegie. Die man is verskeie kere met ʼn mes in die bors gesteek,” het Van Reenen gesê.

Die man het met paramedici se aankoms op die toneel reeds aan sy beserings beswyk. Van Reenen het gesê die vrou was erg getraumatiseerd na die voorval en het berading ontvang.

Volgens Zwane ondersoek die polisie ʼn saak van moord en is niemand teen Donderdagoggend nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Kiepie ·

Waar het die voorval plaasgevind? In watter stad/dorp is Noordkusweg?

Landi Slatter ·

Dagsê Kiepie,

Dankie vir jou navraag. Noordkusweg is in Durban. Ons het die berig gewysig om dit duidelik te stel.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Fransie ·

Hoe tragies … arme mense en weer eens kom die ongevoelige boosdoeners weg. Innige simpatie aan die arme vrou.

KarooKlong ·

Sigbare polisiering = 0
Negatiewe element = 1 of dalk 11111111111111

Koos ·

Stem met ‘n werkloosheid syfer soos Suid-Afrika hoekom word die mense nie opgelei as munisipale wagte om sigbare polisiëring te doen nie.

Karma ·

Mense, ek sê weer: geen aardse besittings is jou lewe werd nie. Wat was in daardie handsak? Miskien ‘n beursie met kaarte, ‘n paar honderd rand en ‘n selfoon. Was dit die moeite werd om daarmee te vlug en toe doodgesteek te word? NEE. Ja, dis tragies dat ons moet aanvaar dat die kans groot is dat ons besteel, verkrag, vermoor kan word. “That’s the story of our lives” en wie kan jy bedank? Die ANC.

Maklik gesê ·

Karma ek wil nie negatief klink nie, maar maklik gesê. Hierdie 2 mense het dalk nie veel gehad nie, maar dit was hulle sin waarvoor hulle hard gewerk het en verder weet ons as hul daardie handsak gryp begin jy met al kaarte en veral ID/lisensie met ‘n helse drama, afvat by die werk, toue, onbeskof en ure later eers weer met alles. Die regering moet ophou vergaderings hou, ophou ondersoeke doen en doellose hofsake, hul gaan niks aan Zuma verder doen, so hou op aankla, dit mors geld, gebruik daai geld om polisie op te lei, daar is baie werkloses wat baie goed sal doen hiermee en sodoende ‘n eerlike paartjie se hard verdiende – self verdiende geldjies en goedjies uitlos.

SNEL ·

As julle een op n hoek sien sit en sy longe los huil, is dit omdat hy my handsak gegryp het….net n appel in vir lunch tyd.

hevw ·

Snel, jy is n baie positiewe mens, jy kan selfs vir n appel vermoor word.

jennefer ·

Moenie die handsak oorhandig ,gooi die handsak ver van jou af weg en hardloop. Jou lewe meer werd as enige iets in die handsak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.