Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, sê die man se motor het in Marlinstraat in Kamesh buite Uitenhage onklaar geraak. Vier mans het die slagoffer genader en hulp aangebied.
Die mans het die slagoffer egter aangeval en met ʼn mes in die bors gesteek. Die man is op die toneel dood en die verdagtes het gevlug sonder om iets te roof. Swart sê een van die verdagtes is reeds in hegtenis geneem en dat die soektog na die ander drie voortgaan.
Sy sê die oorledene se naam is nog nie bekend gemaak nie aangesien hy nog nie deur sy naasbestaandes uitgeken is nie.
Dis skokkend, sinneloos en barbaars. Die vuilgoed wat dit gedoen het moet uit die samelewing verwyder word.
Sterkte aan die persoon se familie.
A truer word never spoken.
So word ons een vir een vermoor, maar hey! ons stem weer een van die dae vir demokrasie. Wat ‘n joke! Sitting ducks with so-called freedom!
Hulle is nie barbare nie hulle is n klomp varke die hele spil van hulle moordenaars is hulle nuwe naam dis hoe n mens voel agterbakse gemors
Hulle het gemoor net vir satisfaksie en bietjie afleiding. Hoop daars genoeg plek in die hel vir al hierdie gemors.