Man vermoor oor kleingeld

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 26-jarige man is dood ná ʼn lang stryery oor kleingeld, het die Noordwes-polisie Sondag gesê.

“Die slagoffer en ʼn 28-jarige man het oor die naweek by ʼn taverne in Magogong stry gekry oor die geld,” het kol. Sabata Mokwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die argument is later by ʼn huis in die gebied voortgesit.”

Volgens die polisieverslag het die jonger man probeer om ʼn baksteen na ʼn televisiestel te gooi, maar hy is met ʼn ysterpen geslaan totdat hy inmekaargesak het.

Hy is die volgende oggend dood aangetref.

Die 28-jarige man is in hegtenis geneem en hy moet Maandag in die hof verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.