Man vermoor stiefma in opdrag van ‘profeet’

(Argieffoto: Kent Williamson)

ʼn KwaZulu-Natalse man is 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sy stiefma nadat ʼn sogenaamde profeet Noris Russel Mutambaziko glo aangesê het om dit te doen.

Mutambaziko het probleme tuis ondervind en die sogenaamde profeet, John Katsiru, het glo aangevoer dat Mutambaziko se stiefma – Caroline Chenai Mubuakure – moetie in sy pa se kos sit, wat veroorsaak dat hy en sy pa gereeld baklei het.

Katsiru het glo ook gesê as hy Mubuakure nié doodmaak nie, hy en sy pa binnekort self sou sterf.

Die sogenaamde profeet het Mutambaziko glo ook beveel om sy vierjarige boetie te vermoor.

Katsiru het glo kwaad geword nadat Mutambaziko wou weet of daar nie enige ander manier is om die probleme op te los nie, maar Katsiru het voet by stuk gehou dit is die enigste oplossing. Mutambaziko het getuig hy het Katsiru geglo omdat sommige van sy vorige voorspellings glo waar geword het.

Op die dag van die moord in September verlede jaar is Mutambaziko na Mubuakure se huis. Sy het hom ʼn drukkie gegee en ingenooi, waarna hy haar in die nek gesteek het. Hy het daarna na sy boetie gaan soek, maar het die kind uiteindelik nie doodgemaak nie.

Volgens Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in KwaZulu-Natal, is Mutambaziko daarna terug na die sitkamer. Sy stiefma was nog lewend. Hy het haar keelaf gesny en haar selfoon gesteel, waarna hy gevlug het.

Hy het daarna aan Katsiru gerapporteer dat hy sy stiefma doodgemaak het, maar nie sy boetie nie.

Hy het aan die hof gesê Katsiru was woedend en het R2 000 geëis om die geeste te paai. Hy het ook die geld van die verkoop van die gesteelde selfoon geëis. Mutambaziko het die geld oorhandig en het enkele dae later by die polisie oor die moord gaan bieg.

Katsiru is sedertdien ook in hegtenis geneem en is verhoorafwagtend, het Kara gesê.

Senior staatsaanklaer Mbongeni Mthembu het ʼn slagoffer-impakverslag by die hof ingehandig waarin Mutambaziko se pa, Chinotsika, sê dat sy vrou ʼn vrolike en liefdevolle mens was wat hom ook in sy sakeonderneming gehelp het.

Haar dood is as ʼn reuseverlies vir die familie bestempel. Sy het vantevore ook ʼn goeie verhouding met haar moordenaar-stiefseun Mutambaziko gehad en het hom selfs geleer bestuur.

Mutambaziko is 15 jaar tronkstraf opgelê vir die roof en 20 jaar vir die moord. Die vonnisse word gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Welkom in die wêrwld van die AFRIkaan midde ons dag tot dag lewe.

Jaco ·

Ek weet van wit Christen NG Kerk Afrikaner mense wat dieselfde gedoen het. Hoeveel “beskaafde” Duitsers tydens die Tweede Wêreldoorlog wat na Bach en Beethoven geluister het, het ook astroloë gebruik om “bewyse” te kry dat dit reg is om Jode uit te moor.

Persheks Adri ·

Koelbloedig! In opdrag van ‘n sangoma? Wat op dees aarde die duiwel is los

Debbie ·

Die land kan nie regeer word deur mense wat glo aan muti’s en toor doktors en tokoloshe nie.

Sarel ·

Ons kinders word op skool geleer van hierdie ” natuurlike genesers”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.