Man vermoor toe drie na motorfiets kom kyk

Rouxnet en Chris Williams is net ses maande gelede getroud. Hulle wou vanjaar met ’n gesin begin het. Foto: Facebook

  • Die polisie het intussen op Maroela Media se navrae gereageer. Nuwe inligting verskyn onderaan die berig.

ʼn Elektromeganikus van Mokopane is Maandagaand met ʼn mes doodgesteek nadat drie mans na ʼn motorfiets kom kyk het wat hy wou verkoop.

Chris Williams (31), wat by Atlas Copco in die omgewing gewerk het, het die drie mans omstreeks 20:00 na sy motorhuis geneem om na die motorfiets te gaan kyk, vertel sy suster, Yvette Luus (28). Haar man, Theo Luus, sê die motorfiets het agter Chris se motor gestaan; die verdagtes sou dit dus nie kon uitkry sonder om die kar te skuif nie.

Chris se vrou, Rouxnet (28), met wie hy in Augustus verlede jaar getroud is, het haar in die huis toegesluit terwyl Chris die mans ontvang het.

Yvette sê die mans het Chris in die motorhuis met ʼn mes gesteek. ʼn Inwoner het op sy liggaam afgekom en Rouxnet gebel waar sy nog in die huis was. Volgens Theo het Chris blykbaar met sy laaste krag om hulp geroep, waarna die man kom kyk het.

Die motorfiets wat Williams wou verkoop. Foto: Facebook

Die verdagtes het net sy beursie en karsleutel geneem, maar die motorfiets net so gelos, moontlik omdat hulle dit nie uit die motorhuis kon kry nie, meen Theo.

Rouxnet is so getraumatiseer deur die moord op haar man dat sy nie eers Dinsdagoggend uit hul kamer gekom het nie, vertel Yvette. Chris, die oudste van die drie kinders, het ook ʼn broer, Wayne.

Yvette, wat Dinsdagoggend saam met haar man op pad na Mokopane van Emalahleni was, vertel haar broer­-hulle wou vanjaar met ʼn gesin begin het.

Kol. Moatshe Ngoepe, Limpopo-polisiewoordvoerder, het by navraag gesê ’n man wat die motorfiets wou koop, het Williams Maandagaand vergesel van twee ander mans besoek.

“Hulle het die motorhuis binnegegaan waar ’n stryery ontstaan het. Die slagoffer het van die messtekery geskree, waarna die drie … verdagtes in hul silwergrys Isuzu-bakkie op die vlug geslaan en die slagoffers op die toneel oorlede is.”

Hy sê die polisie het nog nie ’n verdagte in hegtenis geneem nie. Enigeen met inligting oor die moord, word gevra om kapt. Kekana van misdaadintelligensie by 082 565 8277 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

Landvaneensydigheid ·

Hoeveel keer is hy gesteek? Watter kultuur is die 3 mans?

Phillie ·

As dit ‘n witte is wat fouteer word dit deur die media duidelik gestipuleer ‘n wit man of ‘n wit vrou maar ander ras is net mans of vrouens
Selfs maroela is daar skuldig

Werner ·

Sien, dit laat mense mos in n advertensie byvoeg “slegs blankes mag kom kyk na die motorfiets”. Maar nou ja, dan gaan jy tronk toe…

Cherokee ·

Hoekom nie so doen nie? Weet jy nie van die wet op voorbehoud van reg tot toegang nie?

Boervrou ·

In Bethlehem omgewing was vandag ‘n plaasaanval. Die verdagtes was 3 swart, 1 wit en 1 kleurling.

Marcel ·

Ek het al ‘n paar keer goed aanlyn adverteer en verkoop.
Maar as die koper nie aan baie spesifieke uiterlike eienskappe voldoen nie (of as sy aksent oor die foon nie presies soos myne klink nie), kan hy my maar tien keer my prys ook aanbied, die item is “klaar verkoop”.

Anni ·

My presiese sentiment. Ek het ook onlangs ‘n voertuig aanlyn geadverteer. Elke 2de navraag het ek geantwoord met “already sold”. Toe sal een my mos reply “what do you mean baby?”. Vir hom het ek so geblok, ek dink hy sal volgende jaar die tyd nog hardlywig wees. Hy het beslis nie net voertuig wou koop nie. My eie man noem my nie eers baby nie, wie de hel is hy?

jo ·

Hoekom het sy haarself voor die tyd al toe gesluit? En kon sy nie hoor daar is fout nie?

Maljan ·

By my ook opgekom. Sou ander vrou nie saam geloop het nie?

Lizelda ·

Ek het self gewonder toe ek die berig lees. Dit se ook die buurman het hom gehoor om hulp skreeu. Het sy vrou dan nie gehoor nie?

Chris-Mari du Preez ·

Maljan en Jo, hy is my boetie se beste vriend.Hy sou nooit dat sy vrou uitgestap het nie.Hy ws die tipe ou wat almal sou beskerm het.Hy het nooit in sy lewe skade aan enige iemand gedoen nie.Hy het haar heel waarskynlik toegesluit in die huis ook nog.Hy was ‘n wonderlike mens, ons almal se harte is so seer en sy vriende kan nie ophou huil nie.Hy het heel waarskynlik probeer om hul aan te val sodat hulle nie sy vrou sou kon seermaak of beroof al was sy in die huis nie.Julle verstaan nie hoe seer en onwerklik dit is nie.

Lizelda ·

Ja ek het maar n eienaardige gevoel gekry toe ek die berig lees.

Santjie ·

As julle gelees het sy het haarself eers gaan toesluit toe sy haar man hoor roep het, het julle seker weer gevra hoekom het sy haar nie voor die tyd gaan toesluit nie? Haar man het seker vir haar gese dat sy dit moet doen omdat hy seker geweet het watse mense kom kyk en wou veilig speel?

Dom vraag ·

Nee!!! My man sê ook altyd vir my ek moet myself in die huis toesluit as mense na iets kom kyk. Juis omdat die misdaad so hoog is en hy nooit weet wat die bedoelling is nie. Daar is geld betrokke wanneer jy iets verkoop, dus sal dit altyd ‘n hoë risiko wees.

Dorothy ·

Stem Saam.
As jy ongemaklik voel oor die situasie kan ek verstaan dat sy die hek sluit maar dan staan jy tog iewers en luister min of meer of alles ok is .
Dis maar my meening.

Ann ·

Ek sou ook nie daar wou wees nie, sy het die regte ding gedoen.

jaco ·

klink fishy ja…dalk het hy ‘n groot polis, wat aan haar bemaak is…

Santjie ·

maljan, dis nie almal wat ‘n skelmpie iewers het nie – daar is die sêding van “as jy self agter die deur staan soek jy gewoonlik iemand anders daar?” – haar man het seker toe die “kopers” opdaag, gesien hoe hulle lyk en vir haar gesê sy moet die deure sluit. Ek dink dit was baie oulik van hom om dit te doen, want kyk nou wat het met hom gebeur. As sy dit eers op sy roep om hulp gedoen het, dan het julle seker weer gesê sy moes dit al gedoen het toe die kopers opgedaag het.

Dom vraag ·

Ai mense weet jy dis so hartseer om te sien hoe vinnig mense die man se vrou oordeel. Ongeag waar sy was en wat sy gedoen het in haar huis. Nou word sy geoordeel i.p.v die moordenaars. Dit is skokkend hoe mense “altyd ‘n rot ruik”. Gee die vrou haar kans om te rou. Skaam my vir sommige mense se kommentare!

Tinkerbell ·

@ nannie, ek het self gewonder, want dit klink snaaks. Het jy nie?

Monja ·

Ek is nou so vies vir julle almal wat sê die storie klop nie. Respekteer die familie se verlies en hou julle aaklige kommentaar vir julle self. Julle weet glad nie wat gebeur het nie. Hulle was goeie mense.

Rene ·

Klink vir my ook fishy. As hy bedreig gevoel het en haar in huis laat toesluit, hoekom het sy ni dadelik di Polisie gebel ni? Hoekom moes Buurman kom kyk? Geen manier dat ek in di huis sal bly as my man se lewe bedreig word ni!!

Carien ·

Die wat se iets klink nie leke nie. Dit se duidelik dat jul lewens oor geld gaan. Chris en sy vrou was dol gelukkig en was nie gepla oor geld nie, want hul het geweet waar liefde van daan kom. Bly eerder stil want jul ken nie vir Chris en Rouxnet nie. Jul wat so sleg praat is almal skeinheilige mense en jul moet eendag voor die Here gaan verduidelik hoekom jul so slegte goed kwyt geraak het. En moet ook nie se dit kan en sal nooit met jul gebeur nie, want raai wat…… DIT KAN. So bly eerder stil as jul nie iets goeds kan se nie, want volgende keer, gebeur dit met jul en dan praat almal weer so oor jou. Die wiel draai ou maat en dit draai vinnerger as wat jy dink.

Amanda ·

Het sy dan geweet hul gaan hom vermoor…..hoekom haar dadelik in kamer toesluir? Dis weird….

Anni ·

Dis eintlik gevaarlik om goed so aanlyn te adverteer, want jy weet nie wie kom na jou huis toe nie. Chris Williams was seker lief genoeg vir sy vrou om haar aan te se om haarself in die huis toe te sluit. Jy weet nie wie by jou huis opdaag nie.

Ek self het onlangs ‘n voertuig aanlyn adverteer, en daar was nie een nie, maar ‘n paar “knape” wat vreeslik aanleerig was in hulle “replies” op my advertensie. Ek is onder andere “darling” en “baby” en ek weet nie wat nog alles genoem nie. Vir hulle was die voertuig sommer reeds verkoop, en vir elke een wie se naam ek nie met my Afrikaanse tong kon uitspreek nie. Duidelik was ‘n paar knape nie vir die voertuig daar nie, en vir hulle het ek goed geblok, en ‘n paar aangegee ook.

Elize ·

As 3 nie-blankes na ons huis toe sou kom vir besigheid met my man, sal my man beslis wou hê dat ek myself in die huis gaan toesluit, omdat dit so gevaarlik is en verkeerd kan verloop. So moenie sy vrou blameer nie…

$ ·

My vermoede: hulle het reeds vir hom verdag gelyk toe hulle daar opdaag en hy het vir sy vrou gesê sy moet haarself eerder toesluit. En nee, ander vrou sou nie noodwendig saamgeloop het nie. Wat sou sy in elk geval kon doen as sy saamgeloop het, hom verdedig het teen drie mans met ‘n mes/messe?

My innige simpatie aan almal wat deur hierdie seer geraak word …

Ai tog ·

maar julle mense vorm vinnig n opinie sonder om die feite te weet. Dis presies hoe n storie altyd stertjies bykry.

Chantell ·

As iemand na ons bedrading kom kyk, of na die lek in die huis, of enige iets, se my man gewoonlik ook vir my sluit die deur, wat afterall bly ons in Suid Afrika, dis tragies, op so jong ouderdom en nuut getroud om mens se lewens maat te verloor. Ek bid vir vertroosting, my innige simpatie aan die familie en vriende!

Thinus Erasmus ·

Amanda, kom ek probeer om jou mooi reg te help:
Die vrou van die vermoorde het of in opdrag van haar man, of self besluit sy vertrou nie die verdagtes nie, en dus haarself gaan toesluit.
Maar ongelukkig het hy en sy hul misgis met die “voornemende kopers” wat niks minder as tsotsies is nie. Dit is die duur les in SA: Sekere mense moet altyd wantrou word – moenie jou weird hou om te wil redeneer van wie ek praat nie.

Magaretha van heerden ·

Mense moet baie versigtig wees as hulle iets so adverteer. No 1 Jare gelede is een van my skoolmaats aan die Rand vermoor toe hy meubels so gekoop het. My eie seun het n noue ontkoming gehad Hy wou n motor verkoop en was in n lokval gelei. Gelukkig het hy betyds agter gekom wat aangaan en het hy n plan bedink. Ek glo daardie dag het die Here hom wysheid gegee en gehelp anders was hy ook een van die tatistieke. Sy skoonma was ook saam met hom. Alle eer aan die Here.

Santjie ·

maljan, dis nie almal wat ‘n skelmpie iewers het nie – daar is die sêding van “as jy self agter die deur staan soek jy gewoonlik iemand anders daar?” – haar man het seker toe die “kopers” opdaag, gesien hoe hulle lyk en vir haar gesê sy moet die deure sluit. Ek dink dit was baie oulik van hom om dit te doen, want kyk nou wat het met hom gebeur. As sy dit eers op sy roep om hulp gedoen het, dan het julle seker weer gesê sy moes dit al gedoen het toe die kopers opgedaag het.

Koos de Meyer. ·

Jy kan niemand meer vertrou nie. Nie eers ons eie mense nie, hartseer maar ongelukkig die waarheid. Des nog te meer ‘n rinkhals.

Anneke ·

Uiters tragies dat mense in sulke omstandighede hulle gevolgtrekkings wil maak sonder dat hulle alle feite voor oe het. Het darem dan tenminste respek die man se familie. Maklik om klippe te gooi as jy nie self in die situasie is nie.

Elize ·

Ek sou myself ook toegesluit het in die huis sonder om twee keer te dink.
Indien enigsins moontlik ontmoet hulle eerder by ‘n publieke plek en moenie alleen gaan nie.

Idi ·

Jis maar mense kan vinnig hulle eie afleidings maak. My Pa het jare terug al as mense iets sou kom koop of kom af haal by ons huis vir my ma gese om in die huis in te gaan met ons en deure te sluit totdat hy klaar is en meestal kry mens daai gevoel as jy die besoekers sien dan weet jy sommer al.

lindie roux ·

my innige meegevoel, mag God julle bystaan en vertroosting bring
die omstandighede maak nie meer saak nie, dit gaan nie vir Chris terugbring nie
so dis ook nie meer veilig om iets aanlyn te probeer verkoop
dis bitter en harsteer
sterte aan die familie

Monja ·

Ek is nou so vies vir julle almal wat sê die storie klop nie. Respekteer die familie se verlies en hou julle aaklige kommentaar vir julle self. Julle weet glad nie wat gebeur het nie. Hulle was goeie mense.

Berusnognie ·

Indien jy beskik oor inligting wat niemand anders het nie, gaan polisie toe en verklaar dit, maar moenie jou mond uitspoel oor iets so tragies soos hierdie nie. Veral nie as jy nie n clue het waarvan jy praat nie. Hierdie is familie van my, hulle is flenters, oorbluf, kwaad, verward en nog n klomp ander emosies. Hulle het nie julle kritiek nou nodig nie. Lees die berig as jy wil, maar as jy n kwetsende aanmerking het, haal diep asem en gaan na die volgende berig. Moenie kommentaar lewer nie. Betoon n klein bietjie medemenslikheid.

Leon ·

Hel mense, as julle almal dan sulke goeie speurders is, en afleidings maak van een berig, gaan word dan speurders en los die wêreld se probleme op. Hoe gaan julle optree as hierdie treurspel voor julle deure gelê word???
My innige simpatie aan die familie en naasbestaandes op so ‘n wrede en nare tragedie.

lindie ·

die doodstraf gaan nooit weer terug kom nie
dit gaan ook nie die gemors opklaar nie
in lande waar daar wel doodstraf is vermoor hulle mense elke dag!

Charms ·

So mense wat jou taal praat het nog nooit hul eie mense leed aan gedoen nie?Wie het die Van Brenda’s, en kleine Poppie wreed vermoor?

chrisp ·

Ai tog Charms gaan kyk waar le die risiko dalk verstaan jy dan of dink jy die verhouding is % gewys dieselfde ?
Daar is lande wat ‘n mens eerder vermy oor misdaad en moord .Dit is mos vanselfsprekend dat ‘n veilige land nie moord en misdaat vry is nie.

Maar ons is eerder polities korrek as korrek

Wees versigtig ·

Ek verkies mense wat my taal praat. Ek vertrou hulle nie blindelings nie, maar verkies hulle.

Theo Luus ·

Liewe lesers.

Ek lees nie al die kommentaar nie maar sien hier is baie keyboard worriors. My vraag is Wel wat lewer jy kommentaar as jy nie self daar was gisteraand nie. Eks van mening los eerder jou bespiegelinge tot jouself ter wille van die famili wat dit ook lees. Hê mee gevoel tot die situasie.

Ons waardeur dus al die opregte mee gevoel en kommentaar. Baie dankie.

Lothar ·

Dit is verskriklik! Ek bly in Potgietersrus (Mokopane) en ek het die man geken, nou nie vriende nie maar ons het mekaar gegroet as ons mekaar sou raakloop . Hy was in my kerk.

WYNAND ·

As iemand vreemd na jou huis kom……. Kry mansvriende om teenwoordig te wees. STERKTE VIR DIE FAMILIE.

Annelien vd Schyf ·

Werklik!!!!! Ek is so moeg vir mense wat kritiseer en julle menings uitspreek as hulle nie idee het nie. Chris en Rouxnet is twee my kinders se beste vriende. Chris sou nooit sy vrou blootgestel het aan enige onnodige gevaar nie. Ons is woedend en hartseer. Werklik teleurgesteld in van die mense se opmerkings. Voor jy nie so iets aan jou vel voel nie voor jy nie so situasie beleef nie voor n geliefde nie in n plas bloed by jou voete le nie bly eerder stil en dank God vir Sy genade en bloed. Sies man magtig. Dink bietjie.

Doggie ·

Ek is teleurgesteld in joune ook, want jy vat mense aan wat jy nie ken nie.

Abe ·

Annelien vd Schyf,
Soos ek dit verstaan is die doel van hierdie blad vir mense om kommentaar te lewer en hulle eie opinies uit te spreek. Dit is wat almal hier doen. Jou taalgebruik is nie baie mooi nie.

LD ·

Ek bly self in Potgietersrus! Sjoe regtig nie gedink so iets sou hier gebeur nie, ons (ek en my man) is dan self in karre koop en verkoop bedryf wat ons elke dag op SM adverteer en sien omtrent elke 2de dag moontlike kopers…. ons doen natuurlik dit saam maar nooi niemand ooit na ons huis toe nie, ons ontmoet mense ALTYD in publieke plekke! Ai sterkte aan die familie en mag julle verstroosting vind!

Katerina ·

My innige meegevoel aan Chris se geliefdes. Hierdie maak mens nie net hartseer nie maar briesend. So bitter jammer vir julle groot verlies!!!!

Meisiekind ·

Haai mense, daar lees gesinslede na jul kommentaar! Dis darem verskriklik dat na so tragedie dat mense die fout by sy vrou soek. Dis SA mense! Hulle vermoor ons vir die lekker daarvan.
Dink bietjie verder as jul neuse toe. Mense wat nou ‘n seun/vriend/man/broer moet begrawe moet in julle snert vaskyk!

Ek dink aan die gesin en ons hou julle in ons gebede. Bitter onregverdig die seer waarmee jul sit

Evdv ·

Hmmmm .. snaaks dat sy vrou nie die geskree kon hoor nie??? .. en as dit my man was, sou ek saam hom buite staan.
En hoekom jouself toesluit as jy weet jou man is buite besig?? Iets is nie reg nie!

Ai ai ai ·

Simpatie met sy familie en vriende.

Aan al die mense wat sě iets klink verdag, of “hoekom het sy haarself voor die die tyd toe gesluit”… ek neem aan julle almal bly in Australia. … en verstaan nie hoe S.A werk nie.

Heel moontlik het hy haar op die pad al gebel en gevra sy moet die deure sluit.
As ek enige ding verkoop.. is my vrou toe gesluit.
Dis nogal elementer.

Rosemary Boardman ·

Kan julle die arme nou uitlos dat kan rou ek weet hoe voel dit en hoe mos die man geweet hulke gaan hom vermoor dis n transaksie wat skeef geloop het my man hwt my ook altyd gese as iets gebeur sluit jou toe want n vrou kan haar nie self verdedig nie en word groot loop my vriendin uit asb sy gaan deur n moeilike tyd wn julle weet nie om jou eie man van die dood af te staan nie asb los haar dat sy kan rou asb

Roelien ·

Ongeag die omstandighede, bly die feit staan: ‘n jong man is wreed vermoor vir ‘n aardse item. Dis absoluut tragies. Geen wet en orde in hierdie land van ons, ‘n lewe beteken vir hierdie skepsels niks.

My innige meegevoel en simpatie aan die naasbestaandes. Mag onse Vader jul vashou en vertroosting bring. Ek bid ook vir ons stukkende land en sy mense wat naasteliefde vergeet het. Here U alleen kan ons verlos vanuit hierdie bose kringloop.

Rosemary Boardman ·

Jammer oor die foute mense maak n mens baie kwaad julle kan nie die arme vrou kritiseer nie los haar uit dat sy kan rou asb dis al wat ek vra hulle is goeie vriende van my dit hoe ek voel oor mense wat hulle eie opinies vir hulle self hou dankie

PJC ·

Ek dink as ń mens hierdie soort transaksies doen is dit raadsaam om ń gewapende vriend te vra om so ń bietjie op die agtergrond rond te hang en jou sogenaamde kliënte moet bewus wees daarvan dat daar nog iemandin die omgewing is. Talle mense is as tydens sulke transaksies aangeval,gedood en selfs ontvoer. Niks in hierdie land is meer veilig nie en NIEMAND moet vertrou word nie.

Maggies ·

Ai mensdom, skrik wakker. Ons is elke iedere een, die spreekwoordelike “padda in die pot”. Wanneer gaan ons nasie ophou spekuleer en eetder by mekaar staan.
Laat vaar asb. nou die klomp snert wat julle praat. Gaan eerder op julle knieë en dank God dat die vroutjie veilig was en omdat die buurman, so dapper was om sy eie lewe in gevaar te stel om te gaan ondersoek doen. Ek self sou nie uitgaan in so geval nie, het sy uitgegaan was sy ook nou net een van die statistieke.
My gebede gaan met die hele familie, mag God se liefde julle nou dra.
Aan al die ander: Skrik wakker en kom by. Julle weet nie wanneer dit jou toeval nie.
Raak paraat en leef nader aan mekaar in Goddelike liefde.

Karlahari ·

So vinnig om te oordeel…
As ek vreemde mense ontvang gaan ek alleen uit. As een man hom nie teen 3 aanvallers kan verweer nie wat se kans staan n vrou?
Dieselfde heldersiende mense spoel heel moontlik mond uit oor oningeligte afleidings wat in Schweizer gemaak is.

Pixie ·

Mense ons moet die familie ondersteun as n gemeenskap en los enige negatiewe opmerkings asb ? Hulle sou haar beslis nie huis toe gestuur het sonder om haar leed aan te doen… So moenie oordeel voor julle die feite ken asb ? Dis erg genoeg om n geliefde te verloor en dan boonop al die negatiewe gemors ?!! Sies man – waars julle empatie – as julle weet wat dit beteken ??!!

Erich ·

Die motorfiets is of was geadverteer in facebook marketplace. Kyk wie het belangstelling getoon. En gaan sy selfoon na hy moes met die persoon telefonies gesprek voer.

Adam ·

Weereens stel my mede-Afrikaners nie teleur nie. Die kommentare hierbo is klinkende bewys van hoekom Afrikaners so verguis word. Wat ‘n klomp onsinnige kommetaar deur gewoon gevoellose mense wie se enigste vakke waarin hulle uitblink klaarblyklik skinder en bespiegeling is. Ek hoop MM stop die kommentaar funksie summier. Redelike mense is keelvol daarvoor om sulke snert te moet aanskou.

Annelien vd Schyf ·

@Abe my taalgebruik???? Werklik???? Gaan lees weer my plasing en as jy sukkel om te spel lees of te verstaan ek kan vir jou leeslesse betaal dalk help dit.

Marilee Schuhardt Kemp ·

Kan nie glo mense is so onsentitief nie. Sis man. As hierdie jou familie was het jy verseker nie so gevoel nie. Mense…jou tong maak verskriklik seer en so ook…onnodig om hierdie vieslike kommentare te lewer. As jy niks mooi het om te sê nie…BLY EERDER STIL!!!!

Ai…party mense dink ook net hulle weet tog alles. Ai mense…hou op klippe gooi en staan eerder hierdie gesin/familie saam. Al die Williams…ek dink aan elke 1. Sterkte en mag julle vertroosting van ons God af ervaar. Staan sterk.

Groete

Juane Viviers ·

Chris was voorwaar ñ besonderse mens. Ons was saam op skool van Gr1-12 hy was soos n boetie vir my. Hy sou nie toelaat dat sy vrou kwaad aangedoen word nie. Mense wat wonder… Moet hom dalk prys dat hy sy vrou beskerm het en ophou om altyd onheil op n ander plek te soek.

Adriaan ·

Ek stem saam Theo. Hier is mense wat die persoon nie ken nie maar hulle speel polisie. Mense die man is nog jonk hy het n familie beplan. Hy is n goeie mense. R.I.V Chris

Stef ·

Adam, ek stem saam jou. As ek so na hierdie patetiese kommentaar kyk verloor ek alle hoop vir ons toekoms. Hier is persone wat die situasie verduidelik wat die oorledene geken
het en waarskynlik baie meer inligting het as ons, maar hierdie klomp slimkoppe hou aan met hul snert .

Monique ·

Bitter hartseer! In SA dink skurke nie 2x om ‘n lewe te neem, dis om van siek te word.

Twee mense so wreed van mekaar weggeruk, terwyl hul skaars hul lewe saam begin het… dit maak my woedend!! Ek bid dat sy vertroosting sal vind, ek glo dat God haar styf sal vashou in hierdie moeilike tyd.

My mede-kommentators, ons moet ons nydigheid los en begin saamstaan, die vyand is in ons midde en sal enige geleentheid aangryp om ons te verneder en vernietig.

Eendrag maak mag!

Dimpels ·

Ek kan nie glo wat ek lees nie!!! Hier is ‘n lewe in ‘n wandaad weg en mense kibbel oor snert en wonder oor kaf!! Wat is fout met die mensdom. Hoekom word daar nie eerder gevra wat meer gaan daar gedoen word om die moordenaars vas te trek nie!!

Thinus Erasmus ·

Seker gaan MM hierdie harde waarheid kommentaar nie toelaat!
Wat hier deurskemer is nou mooi voorbeeld van die vernyn en afguns wat daar in ons mense, en seker elke volk in die wereld ook is.
Iemand kry bitter seer of swaar, daar is mense wat simpatiseer, troos, hulp aanbied of net opreg jammer voel.
Dan is daar ANDER, wat nie ‘n veer voel nie, ongegronde aantygings en afleidings maak en net fout soek! Julle mense is farisieers, wit geverfde grafte, sadiste wat hul verlekker oor ‘n ander se leed. My vorige kommentaar verwys ek dat die slagoffer ‘n fout gemaak het, maar ek blameer nie hom of sy vroutjie daarvoor nie!
MAAR daar is ‘n ding soos die wiel draai, karma ens. Mag jul tot ander insigte kom en vergewe word nadat jul daarvoor gestraf is.
Baie sterkte aan die jong weduwee en al die familie en vriende.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek het ookal items op die internet adverteer. As ek ‘n potensiële koper kry wat wil kom kyk en hy vra waar ek bly……….gee ek die adres van die naaste polisiestasie, en bied aan om hom of haar daar te ontmoet. Nodeloos om te sê….90% van die “potensiële kopers” daag nooit op nie.

Jack Daniel ·

Julle… !!!
Hier is Meer as net bike Koop aan die gang.
Slang in die Gras n a madam wat toe gesluit in die huis is en horing doof is om nie eens haar man se krete Te Hoor nie?
Weet nie so mooi v d feeverhaal nie.
Sterkte!

Diefie ·

Kinders speel mooi met mekaar. As sy vrou uitgegaan het AS sy iets gehoor het en ook vermoor is, sou julle ook daarmee fout gevind het. Ken julle die lê van die huis. Weet julle presies wat sy gedoen het. Sterkte aan die vrou, familie en vriende

Sam ·

Mense gaan hul opinies lig, familie en vriende gaan kwaad word daaroor, maar soos ek verstaan is hierdie blad hier sodat mense opinies kan lig. Indien jy soos jy sê van ‘n vriend of familie standpunt dat mense menslikheid ens moet betoon voor hul kommentaar of eerder niks moet sê nie, julle raad tel vir jul self ook. Lees verby ons komentaar of lees iets anders. Hartseer die storie en my simpatie met sy mense, maar iets klink nie vir my reg nie.

Theo Luus ·

Deure is agter hom toegemaak en hy is toe oorrompel. Ja almal is gemagtig tot opines en ja dinge klink dalk vir niemand reg nie onthou net een ding. Niemand van julle ken Uitleg van huis nie en daar by saam hy het hulle uitbaklei tot in straat so Natuurlik is buurman nader.

Met als gese dink ek net bonop die feit dat mense gemagtig is tot opini ruk dit hand uit omdat hulle ongevoellig is. Ek is van mening dat as jy nie self hier is of deur soot gelyk was nie lewer jou kommentaar tot I mate wat dit nie ander mense beinvloed nie want wat maak dit mens tog beter.

Die probleem (en hoor my eks nie I rasis in enige mate nie wit of swart of kleur) maar die probleem wat ons as afrikaner volk het is ons baklei na I punt saam maar geen afrikaner wil die son op sy buurman se grasperk laat skyng nie. Mits mens nie omgee vir jou huurman ongegag van kleur of geloof nie gaan jy nerens kom nie. Dit tel vir enige ongewenste kommentaar bespiegeling en opini nie net tot die saak nie maar tot elke saak in ons land.

Asb ·

Asb. wees versigting wanneer julle iets aanlyn adverteer, ontmoet waar moontlik by ‘n openbare plek i.p.v. jou huis en vra ‘n vriend of twee om saam te kom. Die rowers en moordenaars se werk is om hierdie advertensies dop te hou en te kyk waar hulle kan plunder. Maak dit so moeilik moontlik vir hulle om jou aan te val asb. My innige simpatie aan die oorledene se geliefdes, hy het dit nie verdien nie.

Dennis ·

Elke een van hierdie venynige kommentators kan presies dieselfde oorkom, dalk vandag nog. Niks en niemand is meer veilig in SA nie. En alhoewel ek dit nie vir een van julle toewens nie, hoop ek dat as dit met jou gebeur, jy jou kommentaar sal onthou! Veilig slaap mense want more gaan daar nog n paar minder van julle wakker word in SA.

Wesley ·

Baie dankie Dennis. Wat min mense ook besef is dat journaliste enige iets sal skryf om papier vol te maak. Julle almal was mos daar om te sien wat gebeur het. Ek dink dis beter as julle, julle kommentaar vir julle self hou.

Jan ·

Is die bike nog te koop… Ek sal n aanbod aan die tannie maak…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.