Man vermoor toe hy ‘perdediewe’ betrap

perde.jpg

Argieffoto

Agt verdagtes, wat moontlik deel is van ʼn bende wat gemeenskappe in die suide van Mpumalanga terroriseer, is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn man op ʼn plaas in die gebied.

Sers. Gerald Sedibe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die slagoffer, ʼn plaaswerker in sy 30’s, se liggaam is Sondag om 05:00 op die plaas aangetref. Hy het verskeie steekwonde aan sy liggaam gehad en sy keel is afgesny.

“Voorlopige ondersoek het bevind die werker het ʼn groep mense onderbreek terwyl hulle perde gesteel het. Hulle het hom aangeval en wreed vermoor,” het Sedibe gesê.

Die polisie het onverpoosd gewerk om die verdagtes op te spoor. Die ondersoekspan het teen Dinsdagmiddag twee minderjariges en vier volwassenes in verband met die voorval aangekeer. Die inhegtenisnemings is in Daggakraal en op ʼn plaas in die Wakkerstroom-omgewing gemaak.

“Van die verdagtes is vermoedelik deel van ʼn  bende wat die gemeenskappe van Daggakraal en Amersfoort met veediefstal en sakerowe terroriseer. Ondersoek word ingestel om te bepaal of die verdagtes met ander misdrywe verbind kan word.”

Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op ʼn mes wat moontlik in die werker se moord gebruik is. Sedibe het gesê die polisie probeer nog om die oorledene se familie op te spoor en sy naam mag dus nog nie bekend gemaak word nie.

Die verdagtes, tussen 16 en 24 jaar oud, verskyn binnekort in die Wakkerstroom-landdroshof  op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wat-ek-lees ·

Stem saam KarooKlong. Dink net wat sou gebeur sou die plaaswerker ‘n vuurwapen gehad het . . .

Scalla ·

Koos, hier by ons steel hul donkies en die chinas sit daar agter, tussen die vleis en vel is daar glo iets wat dieselfde is as renosrer horing.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.