Man vermoor, vrou erg verniel in plaasaanval

Foto: Johni Edwards

Foto: Johni Edwards

Die polisie is op soek na ses verdagtes in verband met ʼn plaasmoord in die Spruitfontein-omgewing naby Rustenburg in Noordwes.

Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, het gesê die 63-jarige man, sy 50-jarige vrou en ‘n 41-jarige familielid het Donderdagaand geslaap toe ses gewapende mans die huis se deur afgebreek het.

Volgens Ramaloko is die ses mans na die egpaar se slaapkamer. “Die man het sy vuurwapen probeer gryp, waarna hy in die bors geskiet is. Hy is op die toneel dood.” Die verdagtes het die vrou erg aangerand en gedwing om die kluis oop te sluit. Die familielid is met skoenveters vasgebind en aangerand.

Ramaloko het gesê die vrou is ernstig beseer en in ʼn hospitaal opgeneem. Die familielid is ook gehospitaliseer, maar is reeds ontslaan.

Die verdagtes het met twee 9mm-pistole en die egpaar se voertuig gevlug. Die motor is Vrydagoggend verlate in Mooinooi gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die polisie ondersoek sake van moord, poging tot moord en huisroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Frik Lotz ·

Plaasaanvalle is nou buite beheer en dit hou net aan. Dit kan nie so voortgaan nie. Die ANC vee hom af aan wat tans aan die gang is. Daar sal nou ernstig besin moet word en iets sal gedoen moet word. Genoeg is genoeg!

Dee ·

Hou asseblief op met hierdie belaglike storie van ‘genoeg is genoeg’. Selfs die eerste keer was een te veel.

Elfrieda ·

Ons boere leef in konstante vrees met die vraag……wie van ons is volgende??

Johannes ·

Petisies en klagtes by die VN gaan hierdie nie stop nie. Net ons eie gewapende mag.

Jan ·

Dit is hart verskeurend om van hierdie aanvalle te lees. Maar dit is tyd dat die BOERE op plase indringend gewaarsku word om baie streng veiligheids maatreels toe te pas. Die aanvallers het te maklik toegang tot die huis verkry? Die polisie het nie regtig nodig om baie verder as die grensdrade te ondersoek nie. Om deesdade n kluis te gebruik is noodlottig!!!!

Elizabeth ·

In ‘n land waar dit normaal is hoef niemand hulle te beveilig nie of toe te sluit nie.

Flippie ·

Weereens ‘n beplande terreur aanval uitgevoer deur opgeleide agents.

As Maroela net nie te bang was om vorige kommentaar op plaas- en stedelike terreur te plaas waar diegene betrokke by die terreur by name geïdentifiseer was nie, maar dit te sensor, was daar dalk minder terreur op witmense in die land.

In elk geval moet ek Maroela’n pluimpie gee dat hulle darem oor die tereurdade teen witmense berig.

Ek sou graag wou sien dat alle tereurdade en diskriminerende gedrag teen witmense in die land blootgelê word. Die syryd van radikale swartes teenoor witmense word meervlakkig en multidimensioneel. En dit word fyn beplan en goed bestuur.

Dirkie Putter ·

Doodstraf en Wit regeering is die oplossing. Logistieke bewys dit. Om tronk toe te gaan beteken vir hulle blyplek, kos verniet. Hulle is nie meer bang om enige misdade te pleeg nie want (Lyfstraf) is weg, bedooelende met misdaad, skole en allerdaagse lewens. Bybelkunde is weg so geen jeug van vandag word meer reg groot gemaak nie.

Flippie ·

Die regering sal nooit sy eie dienaars die doodstraf (kan) oplê nie.

Rudi ·

Ek weet ook nie. Ek het jare lank media 24 se filters gefnuik maar maroela is baie moeilik. Spel reg en moet glad nie skulig lyk nie:) As hul maar net weet dat die SA INTERNET honger is vir kommentaar. Noudat die hele spul geblok is deur die ANC is dit hul ERA

Flippie ·

Weereens ‘n beplande terreur aanval uitgevoer deur opgeleide agente.

Ons boere is wel parraat maar, some is die terreur agentskap beter voorberei vir die tereurdade aanval as waarvoor die boere hulle voorberei.

Hierdie mense hou hulle teikens goed dop, soms, vir maande voordat die aanval beplan en uitgevoer word. Van hierdie persons word deur hulle teikens in diens genoem. Sodat beter inligting tot beter be planning kan lei.

Ek dink in elk geval dat term “plaasmoorde” onvanpas is omdat wit mense in stede vir dieselffe rede aan geval word.

Kom ons noem dit Anti-witterreur uitgevoer deur afrikaniste.

donovan ·

Baie snaaks dat Juluis Malema n uitlaating kan maak om te se dat as die hervorming van grond plaasvind soos hulle dit wil hê dan sal die plaas aanvalle dadelik stop… So my vraag is wie sit werklik agter die plaas aanvalle, laat ons toe dat die wolf in skaap klere tussen ons rond beweeg en ons slag en van ons steel en ons lewens kom verwoes… Plaasboere wees verdag op die rooi baret bende tussen julle plaas werkers, en as daar enige van daai makkers met hulle rooi barette op julle dorpies kom, bery julle voor vir die ergste… versprei die woord en waarsku julle mede mense… wees eerder oor paraat as spyt… beveilig julle gesinne maak seker die gemors kan nie by julle slaap kwatiere inkom nie… Hulle is arogant en hulle weet oral waar hulle beweeg is daar van hulle makkers, die man wat met die baret in die straat loop is gewoonlik die man wat opdragte uitvoer… hou hom dop, kyk met wie hulle praat… onthou daar is gerugte dat daar oor 1mil van daai manne opgelei is om teen jou as plaasboer oorlog te voer… hoekom as dit n gewone roof was, was dit nie een of twee nie, maar hulle weet waar lê julle sterkte, as julle onverhoeds betrap word elemeneer hulle dadelik n teen aanval maar as hulle net skeef trap en n plaasboer het genoeg tyd om hom voor te berei kan die plaasboer n weermag aanvat…

Dit is so hardseer om te verneem dat hulle kon kom tot in die kamer sonder dat een van die 3 mense wakker kon word… Die oomie was gereed om oorlog toe te gaan maar ja wys jou net hoe word die mense opgelei wat die aanval geloods het… 6 manne en nie een het n geluid gemaak voordat die HEL los gebrand het nie…

Gesiggie ·

PLAAS MOORDE ELKE DAG…….. Ai mense wat gaan ons doen omtrent al die aanvalle en moord ?? onskuldigge ou mensies se lewe word elke dag gevat deur hierdie Monsters wat sommer net vuurwapens verniet kry… en dan net dood skiet soos hul lus voel… mense word gemartel… lewens word verwoes””’ Tannie ek hoop jy sal gou herstel?? om deur so iets te gaan moet vreeslik wees”’ passop net dat daai varkke… nie weer terug kom?? gaan bly eerder maar op n meer veiligge plek?? ja veilig”’ waar is n mens in vandag se lewe veilig???

Peet J ·

Waarom doen die opposissiepartye die VFPlus, Die DA asook ander instansies bv. die Kerke wat gekant is teen geweld en misdaad niks om die regering te oortuig om hierdie sinnelose geweld en moorde stop te sit nie.Soos ek dit sien is hulle maar tevrede met die omstandighede en met die volgende verkiesing gaan almal maar weer hulle stemme uitbring vir die partye wat hulle ondersteun. En Maroela Media as julle nie my kommentaar wil plaas nie dit pla my nie.

Frik Lotz ·

Die VF Plus is die enigste politieke party wat aandag aan plaasaanvalle en plaasmoorde gee en het al baie gedoen in hierdie verband. Hul het al voorleggings gedoen aan die VN en UNPO. Ek gee my volle steun aan VF Plus vir die puik werk wat hul doen in dié verband.

Dee ·

Lees bietjie nuus en kyk bietjie rond Peet, dan sal jy weet wat aangaan. Frik Lotz het dit nou vir jou uitgespel. Intussen stem ‘n massa liberale Maroela-lesers steeds DA.

Sakkie ·

Waar was jy Peet toe Andre Fourie van die VF+ die boere se saak gestel het by die VN? Die VF+ doen ook wat hulle kan in die Parlement en waar ookal die geleentheid kom om te eis dat die ware statistiek rondom plaasmoorde vrygestel word en dat die polisie hulle plig hier nakom. Onthou ons leef in SA met ‘n regering van wie talle lede en leiers Blankes haat en wegwens. ‘n Klein Gideonsbende van 4 VF+ lede in die Parlement kan net soveel doen. Sorg liewer dat Afrikaners vorentoe vir hierdie Party stem sodat hulle meer kan doen.

Boervrou ·

Nee regtig dit is tyd dat Afri Forum drasties begin optree. Praat help nie, dit wakker net die plaasaanvalle aan. Hoekom word die regering nie gedagvaar vir kostes soos bv begrafnisse, hospitalisasie, trauma ens. Stem saam met ouman. Hy moet net se, dan kom help ek met one bullet ….

mienke ·

afri forum is ook nie juis vir die wittes regtig nie is hulle. dis meer ‘n dekmantel om geld te maak

Grassie ·

Mienke – ek is ook soms ‘n bietjie vies vir sekere dinge wat Afriforum doen, of nie doen nie, maar ek is nogtans al baie lank ‘n lid daar want hulle is die enigste organisasie wat probeer help, binne hulle vermoë. Hulle is tog nie ‘n militêre organisasie wat gewapende soldate op elke plaas in die land kan plaas nie. Hulle vat wel die regering aan in die howe, selfs in die VN, oor plaasveiligheid en enige ander onreg wat teen Afrikaners gepleeg word. Boereverenigings is op grondvlak in ‘n beter posisie om plaasveiligheid op te skerp en sommige doen dit met baie goeie resultate, maar ander is weer ‘n bietjie traag. Daar is ongelukkig ook boere (of plaasbewoners) wat nie by die veiligheidsnetwerke wil inskakel nie – ons is mos maar ‘n koppige volkie.
Kom ons ondersteun maar diegene wat wel iets doen.

Dee ·

En mienke, hoor wat Grassie jou vertel wat Afriforum doen en onthou dan dat dit geld kos om daardie dinge te doen. Of het jy gedog dit is verniet!

Paul ·

Ek wil dit se en gaan dit se. Dan kan jul dit maar verwyser. Die barbare is nie mense nie! Daar, ek het dit gese!

Frik Lotz ·

Loslappie, die VF Plus praat nie net nie, maar doen ook baie ivm plaasaanvalle en plaasmoorde.

Genis ·

Die destydse “vryheidsvegters” van Rhodesië, wat boere daar vermoor het voor Ian boedel oorgegee het, het ook so in groepe van 6 die boere daar aangeval. Die Sjinese het hulle so opgelei.

Flippie ·

Wat ‘n wonder dat dit geplaas is. Nou gaan ek probeer. Die meeste Anti-wit terroriste is van Zim Malawi en Moz afkomstig. Daar is ook SAners . Het opleiding by Koreane gekry en word in SA deur dekete Pakistani’s hanteer. SAPS is op groot skaal betrokke.

Genis ·

Ja dis korrek Flippie, Noord Korea het Mugabe se 5de brigade vir plaasmoorde daar opgelei.

talitha ·

Daar is baie werklose wit jong mans wat soos in die ou Rhodesië opgelei kan word as plaaswagte en verkieslik binne in die huis met die boere kan bly en hulle beveilig. Rus hulle ook toe met AKs of ander masjiengewere.. Ons moet daarop aandring! Dit behoort van die moorde te stop.. hopelik.

Renelle ·

Het ek ook al gewonder. Daar is baie jong wit mense sonder heenkome of wat in plakkerskampe woon. Hkm neem boere hulle nie in en begin hulle oplei nie? Ek voel net, meer gewapendes op plase is nodig. Mense wat wag staan en die moordenaars uitroei voor hulle nog kan probeer inbreek. Mens voel meer en meer magteloos en bekommerd na elke moord berig

Sputnik ·

Mens sien kort-kort die vraag: “Wanneer gaan dit ophou?” Die antwoord is: “Nooit!” Besef dit, mense. Ons woon nie in ‘n normale samelewing nie. Gaan lees op oor hoe die Franse boere hier in ongev. ’62 – ’67 in Algerië uitgemoor is, asook in vele ander lande in Afrika. Boere móét eenvoudig meer veiligheidsmaatreëls instel – heinings, alarms, bewegingsensors, diefwering, ordentlike veiligheidshekke, ens, anders is jy ‘n “sitting duck”. Jy is in elk geval steeds blootgestel wanneer jy gedurende die dag of nag op die plaas beweeg. Dit gaan ook niks help om FW te blameer of van ‘n BR2 te droom nie – lg. is wensdenkery.

Mariné Lourens ·

Dagsê Boervrou

Jou kommentaar is ongelukkig afgekeur omdat dit nie aan ons bepalings en voorwaardes voldoen het vir lesersdeelname nie.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

jansen ·

Hulle praat. Praat net en almal doen niks nie so gaan dit al vir 20 jaar aan .gee plan van geen partye nie.help jul self

Bernie ·

It’s a shame where the people who supply food to these murderers, get taken out, If they had no food, they would probally have died a long time ago, SO… the wheel will turn,

Izzy ·

Bangbroeke, dis wat hulle is….kom altyd in ‘n groep en gaan altyd vir weerlose mense (oues, vrouens en kinders). Hulle is te bang om ‘n boer, 1tot1 aan te vat, want hulle weet wat sal die gevolge wees vir hulle. Kyk maar net by Elsenburg landbou kollege. LAFAARDS!

Winston ·

Mense niemand gaan niks doen voor jy dit self doen nie. Dis tragies wat aan die gebeur is.

Esther Botha ·

My man is in die vroee oggend ure van 1 Desember in die Rustenburg aangeval deur 6 mans. Hulle het 3 skote na hom gevuur maar hy het deur God se genade so baklei dat slegs 1 skoot hom getref het. Weereens deur die genade lewe hy maar ek dink dit is dieselfde 6 mans wat hierdie mense aangeval het. Die polisie was eers na 11 ure op die toneel gewees. Dis die probleem. Ons polisie. Hy lewe en dis vir my belangrik Hy is n groot sterk man. Maar selfs hy is nou getraumatiseer. Hoe moet hierdie vrouens voel. As hulle hierdie lees. Ek bid vir julle.

Boervrou ·

Geen vryheid van spraak = Geen maandelikse bydrae. Het klaar my email vir kansellasie gestuur. Het ook email gestuur om Maandag my versekering te kanselleer.

Genis ·

Mooi so Boervrou. Almal is siek en sat vir die wispelturige magsvertoon waarmee kommentare wat wel aan die bepalings en waardestelsel van Maroela voldoen, verwyder word. My oorlede Pa het altyd gesê dis die niks-wat-iets-geword-het sindroom, en hulle bietjie mag dan misbruik.

Bach ·

Die VF+ en Solidariteit doen reeds baie maar kort sterk steunbasis. Steun hulle eerder en hou op om FW te blameer en te kerm met afgesaagde genoeg is genoeg. As jy nie self iets wil doen nie, gee geldelike steun aan bg instansies. As FW nie dit gedoen het nie was ons in elk geval vandag daarmee heen.

Frans ·

Vandat die regering in 2003 aangekondig het dat die Kommandos ontbind gaan word en vervang word met ‘n landelike sekuriteitstelsel, waarvan niks geword het nie, soos die talle
ANC-beloftes neem plaasmoorde toe.

As stedelinge kan ons nog waar moontlik geslote gebiede vestig,waar deelname vrywillig is. Dit werk ook nie goed nie, 60 % stem in maar as dit by betaal kom raak ‘n groot aantal weg of maak gebruik van privaat sekuriteitmaatskappye doodeenvoudig omdat hul, dikwels mense van ander kleur nie ‘n blanke gedrewe inisiatief wil aanvaar nie.

Dee ·

Baie duidelik was jy een van die ja-stemmers wat nou jouself probeer verskoon.

Peet J ·

Die politiekepartye sowel as ander instansies wat bereid is om iets te doen met betrekking tot die plaasmoorde, soos beweer, doen blykbaar nie genoeg nie want die moorde neem nie af nie maar gaan net aan en aan en aan al vir die afgelope 20 jaar en die kriminele word net meer en meer want hulle tree nou op as bendes.
Laat ons maar wag en sien wat gaan gebeur in 2016.

Isabella Archer ·

Die mense is sulke lafaards.
Te pateties om een alleen mense aan te val.
Hulle kom altyd in groepe. Dit maak my woedend!!!!
Wanneer gaan iets gedoen word? Hoekom kan plase nie ook sekuriteit op diens kry soos besighede nie? Hoekom bid ons nie teen dit nie. Daar is n biddag vir reen maar nie teen plaasmoorde nie. Ons volk moet wakker word. Net God kan ons help.

Johannes Meintjes ·

Ons sal daadwerklik hand in eie boesem moet steek om die geweld teen blankes en plaasboere stop te sit. Die gepraat en gekerm en geroep vir hulp van die wie juis subtiel volksmoord aanvuur, sal moet plek maak vir goed ge-organiseerde en ge-koordineerde nasionale Burgerlike Beskermings inisiaitiewe en maksimale voorbereidings vanuit eie geledere, tot op laagste grondvlak selbeskermings voorbereidings.

Sakkie ·

Die Vf+ en Afriforum doen groot werk, ook in die buiteland, om die lot van boere en hul werkers bekend te stel. Hulle hoor, selfs in die VN, maar moenie verwag dat hulle troepe en tegnologie en geld gaan stuur om ons mense te help beskerm nie. Ons sal dit SELF moet doen. Afriforum neem groot inisiatief in die organisering van veiligheidsgroepe. En ek is seker die Tvl Landbou Unie doen ook veel in die verband. Laat ons nie net Boere ekonomies in droogtetye help nie maar ook met elektroniese en ander sg hulpmiddels om hul lewens te beveilig. Ons dorpsjapies kan help. Hulle sorg vir kos op ons tafels. Kom ons help sorg vir hulle veiligheid en voortbestaan.

Henri ·

Dit wat nou in ons land gebeur is 30 jaar terug deur die AWB gese nie voorspel nie, maar ons goedgelowiges wil mos altyd net die mooi en vrede in alles sien. Ons bly in n wetelose land, hier word meer mense elke dag vermoor as in plekke waar daar oorlog is. Parys 130 Amerika 14 groot storie by ons maar nog net n moord.

Sakkie ·

Die Vf+ en Afriforum doen groot werk, ook in die buiteland, om die lot van boere en hul werkers bekend te stel. Hulle hoor, selfs in die VN, maar moenie verwag dat hulle troepe en tegnologie en geld gaan stuur om ons mense te help beskerm nie. Ons sal dit SELF moet doen. Afriforum neem groot inisiatief in die organisering van veiligheidsgroepe. En ek is seker die Tvl Landbou Unie doen ook veel in die verband. Laat ons nie net Boere ekonomies in droogtetye help nie maar ook met elektroniese en ander sg hulpmiddels om hul lewens te beveilig. Ons dorpsjapies kan help. Hulle sorg vir kos op ons tafels. Kom ons help sorg vir hulle veiligheid en voortbestaan.

Jef ·

Alles wat ek wou se is al gese en wat ek nie wou se nie is ook al gese , nee ek het nu niks meer te se nie.
Verskriklik wat alles in SA gebeur.

gerda ·

Sal graag statistiek wil sien van hoeveel blankes deur nie-blankes vermoor word en andersom! Hoe kan ander lande so blind wees vir wat in ons land gebeur? Volksmoord

maria ·

ek wonder dikwels wat sal gebeur as almal maak soos die regering – wat basies alle reels ignoreer en sotlike wette maak wat heeltemal anargisties is. is daar blogs waar boere hul behoeftes adverteer ? ek is seker daar moet mense wees wat graag sal help om veiligheid op plase te help verseker vir n bed en bord kos.

Priscilla ·

Ons het buitesensors wat versteek is en nie mee gepeuter kan word nie. Dit waarsku ons lank voordat iemand n deur of venster kan oop breek. Wat van op en wakker jack russell hondjies in die huis? Sodoende word slapende mense nie verras nie.

tamboti ·

Mense op plase, kry vir jul bleek lyfwagte, adverteer vir jong manne om gratis op plaas te bly en help met kos en so. Sluit aan by plaaswag of stig een, begin nou voor jy vermoor word. Die wiele draai stadig maar 2016 moet ons hierdie wa omdraai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.