Man vermoor vrou, hang homself

tuinvurkʼn 45-jarige man van Noordwes het glo Dinsdagaand sy 33-jarige vrou met ʼn tuinvurk vermoor voordat hy selfmoord gepleeg het.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê die voorval het in Middleton, Atamelang plaasgevind.

“Die egpaar het glo ʼn rusie gehad waartydens die man sy vrou aangeval het,” het Makau gesê. “Hy het homself daarna met ʼn tou opgehang.” Volgens Makau is ʼn beskermingsbevel voor die voorval op die man bedien in ʼn poging om ʼn einde te bring aan die huishoudelike geweld waaraan hy sy vrou onderwerp het.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.