Man vermoor vrou, toe homself

Argieffoto: eNuus

Argieffoto: eNuus

ʼn 47-jarige man van Klerksdorp het glo eers sy vrou doodgeskiet en daarna sy eie lewe geneem.

Die voorval het volgens sers. Kealeboga Molala, woordvoerder van die polisie, Maandagmiddag by Petrus Segano en sy vrou, Kelebogile Segano (44), se huis plaasgevind. “Die Segano’s se bure het paramedici na die woning ontbied.”

Molala het gesê die Segano’s is op die toneel deur paramedici dood verklaar. “Die paramedici het die polisie na die toneel ontbied toe hulle met hul aankoms geweerskote gehoor het.”

ʼn Geregtelike doodsondersoek is begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Hoe tragies sulke voorvalle. Ek het allaan die oplosing van ‘n probleem en basta dan is jy weg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.